NewsNews

As hy sou leef, sou dit ’n wonderwerk wees, getuig dokter

Dr. Werner van Tonder, ’n  neuroloog van die  Pelenomi-hospitaal in Bloemfontein, en Phembinkosi Xolani, ’n  nooddienswerker van Buthelezi EMS in Vanderbijlpark was die eerste twee getuies wat gister, Maandag 6 November, deur die staat geroep is om te getuig in die verhoor van die ses mans van Parys wat tereg staan op klagte van moord …

Dr. Werner van Tonder, ’n  neuroloog van die  Pelenomi-hospitaal in Bloemfontein, en Phembinkosi Xolani, ’n  nooddienswerker van Buthelezi EMS in Vanderbijlpark was die eerste twee getuies wat gister, Maandag 6 November, deur die staat geroep is om te getuig in die verhoor van die ses mans van Parys wat tereg staan op klagte van moord na die dood van Samuel Jubeba en Simon Tjixa.
Die staat voer aan dat die beskuldigdes,  Boeta van der Westhuizen, sy seun Loedie van der Westhuizen (jr.), Miela Janse van Vuuren, kapt. Henk Prinsloo, Anton Loggenberg en sy seun Cor Loggenberg na bewering die oorledenes só erg op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik sou aangerand het, dat hulle later in die Parys en Pelonomi hospitale onderskeidelik aan hul beserings beswyk het.
Dr. Van Tonder het in sy getuienis getuig oor die erns van die beserings van een van die twee mans wat na die voorval na Pelenomi oorgeplaas is, en wie hy op 7 Januarie 2016 in die Pelenomi-hospitaal se Trauma-eenheid gesien het. Hy het getuig dat die pasiënt erge breinbeserings gehad het met bloeding en swelling op die brein, asook ernstige  borsbeserings. Geen reaksie kon by die pasiënt waargeneem word nie. Die beserings was van só ’n  aard dat dit die pasiënt se hart geaffekteer het, en dat genoeg suurstof nie na die brein gepomp sou word nie. Op vrae oor die mediese behandeling en medikasie wat die pasiënt sou ontvang het, het Van Tonder gesê dat ongeag watter medikasie gegee sou wees, dit net ’n wonderwerk sou wees as daar ’n  verbetering in die pasiënt se toestand sou wees.
Xolani het Van Tonder se getuienis oor die erns van die beserings gestaaf en ook getuig dat die pasiënt geen reaksie getoon het nie, en hulp met asemhaling moes kry. Hy moes die pasënt na Bloemfontein vervoer.
Dr. Van Tonder is Maandag na sy getuienis verskoon maar sal vandag weer teruggeroep na die getuiebank sodat die hof vrae kan stel oor die CT-skanderings en mediese verslae van die pasiënt.
Intussen is die SAUK toestemming gegee om die verhoor te kan beeldsend onder sekere voorwaardes.
Die verhoor is in Mei na ’n maandlange sitting wat die saak op die hofrol geplaas was, verdaag en was sedert die aanvang daarvan gekenmerk deur verskeie vertragings. Eers met dokumente wat die verdediging aangevra het té laat deur die staat oorhandig is, toe ’n aansoek van die SAUK om die verhoor regstreeks te beeldsend, en daarna ’n verrassende wending toe die staat ’n aansoek gebring het om te poog om die borg van een van die beskuldigdes, Anton Loggenberg, te probeer terugtrek vir beweerde oortreding van borgvoorwaardes. Die aansoek het nie geslaag nie.
Met die laaste dag van die sitting in Mei het die verdediging se adv. Hans de Bruin met die aanvang van die hofverrigtinge homself verskoon van die verhoor nadat hy sy redes in kamers aan regter Van Zyl verskaf het.
Kruisondervraging van die staat se 204-getuie, Fanie Oosthuizen, is op 11 Augustus afgehandel.
Die verhoor voor regter Corné van Zyl is op die hofrol  tot 24 November.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button