NewsNews

Student in pekel oor rassistiese kommentaar

’n Begaafde student van die Noordwes-Universiteit is in die pekel nadat sy Maandag ’n rassistiese uitlating op Facebook gemaak het na aanleiding van die optogte wat landwyd teen plaasmoorde plaasgevind het. Phomolo Maoba FOTO: FACEBOOK ’n Begaafde student van die Noordwes-Universiteit is in die pekel nadat sy Maandag ’n rassistiese uitlating op Facebook gemaak het …

Phomolo Maoba FOTO: FACEBOOK

’n Begaafde student van die Noordwes-Universiteit is in die pekel nadat sy Maandag ’n rassistiese uitlating op Facebook gemaak het na aanleiding van die optogte wat landwyd teen plaasmoorde plaasgevind het.
Die student, Phomolo Maoba, het in ’n kommentaar op Facebook die volgende gesê:
“Die feit dat mense swart dra, gaan verander nie. Julle gaan almal vermoor word soos julle meester Terreblanche.”

In Potchefstroom was daar meer as 1 000 voertuie wat aan die optog deelgeneem en verkeer tot stilstand gebring het (lees berig bl.3).
Volgens Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, is die voorval reeds Maandag onder die bestuur se aandag gebring.
“Prof. Fika Janse van Rensburg, adjunk-visekanselier van die NWU, was reeds Maandag met die student in gesprek en die nodige prosesse is in werking gestel soos wat ons in al sulke gevalle doen.
Sy word aangekla en die verhoor sal spoedig plaasvind,” het Jacobs gesê.
Die student, ’n lid van Golden Key Society (’n organisasie vir topstudente in hul vakrigtings) het later op haar eie Facebook-profiel verskoning gevra.
“Ek wil hê almal moet weet dat ek regtig jammer is oor die ongeskikte/rassistiese kommentaar wat ek gemaak het.


“Ek haat nie witmense nie, ek pleit met almal dat julle my sal vergewe. Ek het vreeslike groot fout gemaak. Niemand verdien om vermoor, aangeval of gekaap te word nie.
“Toe ek die inskrywing maak was ek omgekrap oor ander kommentaar wat ek gelees het.
“Ons is almal mense en maak foute, asseblief Suid-Afrikaners, vergewe my,” lees die inskrywing wat sy Dinsdag gemaak het.
Maoba het intussen haar Facebook-profiel uitgevee.
Sy is ook na bewering as subkomiteelid van die Golden Key Society geskors.
Vroeër vanjaar is ’n student vir twee jaar geskors, opgeskort vir die oorblywende tyd van sy studie, op voorwaarde dat hy nie weer so ’n oortreding begaan nie. Hy is ook R5 000 beboet nadat hy skuldig bevind is op klagtes dat hy die universiteit se naam in oneer gebring en deurdat hy rassistiese en diskriminerende opmerkings in sosiale media gemaak het.
Hy het ’n ander student ’n “apie” genoem tydens ’n argument op ’n Facebookblad.

Related Articles

Back to top button