NewsNews

Só kan jou bydrae ook ons viervoet vriende se nood verlig

In die gees van meelewing van die Kerstyd voel baie van ons dalk die behoefte om ook met omgee uit te reik na ander in nood. Vir wie gee jy as daar soveel hande vra? Gee jy vir hulle wat op straat vra om hulp, of aan jou deur klop – of op sosiale media …

In die gees van meelewing van die Kerstyd voel baie van ons dalk die behoefte om ook met omgee uit te reik na ander in nood. Vir wie gee jy as daar soveel hande vra? Gee jy vir hulle wat op straat vra om hulp, of aan jou deur klop – of op sosiale media vra?
Daar is egter ook talle organisasies in Parys wat uitreik na waar nood is in die groter Parys-gemeenskap, en waar jou bydra werklik ook ’n  verskil kan maak, veral waar daar op gestruktureerde wyse gepoog word om nood verlig. Nood ook onder ons diere.
Hier maak die Dierebeskermingsvereniging ’n  groot verskil en is Parys een van die min gelukkige dorpe wat ten spyte van groot nood nog ’n  DBV-tak het.  Parys DBV is op 26 Junie 2001 geregistreer as ’n nie-winsgewende organisasie. Sedertdien staan die tak in diens van Parys se inwoners. Hul hoofdoel is om dieremishandeling te voorkom en aan te spreek.
Hierbenewens is die munisipaliteit ook die munisipale skut vir rondlopehonde en -katte – ’n  groot ergernis vir baie inwoners en baie nodige diens wat gelewer moet word.
Daar is 38 hokke vir honde en 9 hokke vir katte op die perseel in Abbatoirstraat. Hiedie hokke is meeste van die tyd vol.
Dit is noodsaaklik dat dit skoon en higiënies gehou moet word om siektes te voorkom. Komberse word in al die hokke voorsien wat verseker dat die diere gemaklik is. Ekstra komberse word selfs ingesit wanneer dit koud word. Dit beteken weer hope komberse wat elke week gewag moet word.
Die honde en katte kry 2 keer per dag kos en water (ekstra water word voorsien as daar tussenin leë bakke is).
Indien enige van die diere siek word, word hulle na ’n veearts geneem vir diagnose en versorging. Die DBV is opreg dankbaar vir die hulp wat hulle van veeartse ontvang.
Hierdie katte en honde is dan ook beskikbaar vir aanneming. Die koste vir aanneming gaan vir sterilisasie, immunisasie en ontwurming soos deur die DBV-beleid bepaal word. Geen fooi word as betaling vir die dier wat aangeneem asulks gevra nie. Die koste is slegs om te betaal vir die sterilisasie, immunisasie en ontwurming.
Hierbenewens bied die DBV vir jou gemoesrus as jy op vakansie of vir ’n  naweek wil weggaan. Jou hond/kat by op die DBV-perseel versorg word terwyl jy met verlof is en het jy nie die bekommernis van jou troeteldier alleen by die huis nie.
Parys DBV kry geen finansiële hulp van die regering of die provinsie nie. Fondse kom uit dienste wat gelewer word, funksies en donasies.
Hoe kan jy jou plaaslike DBV help?
-Kos vir die honde en katte en/of vervoer van kos wat ons van ander plekke af kry
-Skoonmaakmiddels in die vorm van waspoeier en versagter, swart sakke, pine gel, toiletpapier, ensovoorts
-Speelgoed vir ons diere
-Komberse
-Materiaal vir die onderhoud van die DBV-perseel
-Kontant vir daaglikse uitgawes soos brandstof, salarisse, telefoon, munisipale kostes en veeartskostes
As ek finansieel wil bydra, hoe gemaak?
– kontantdonasies (waarvoor kwitansies uitgereik sal word),
-kleingeld in die DBV kollekteblikkies te gooi,
-bydraes te maak vir ons veeartsrekening by Parys Dierehospitaal
’n  petrolrekening met ’n  maandelikse limiet oop te maak
-geskenkbewyse van supermarkte waar ons goedere kan aankoop
-plaas u strokie in ons hokkie by Pick&Pay. Sodoende kos dit u niks en ons kry geskenkbewyse vir ’n  persentasie van die strokies
-Direkte geldelike bydraes kan gemaak word in die volgende rekening: PARYS SPCA Standard Bank 040947882 Bankkode 055736
Fondsinsameling:
Verskeie fondsinsamelingsprojekte word aangepak deur die jaar. Die DBV het juis die afgelope naweek by die Dome fees kunswerke te koop aangebied en fondse wat hier ingesamel is word weer vir ons viervoet vriende gebruik.
Moet ook nie van die DBV-winkel in Phillipstraat vergeet wat ook deel is van die DBV se fondinsamelingsprojekte. Hier word goedere wat as donasies aan die DBV geskenk is verkoop ten bate van die DBV. Jy is welkom om enige goedere wat jy nie meer gebruik nie daar af te laai of die DBV te kontak om dit by u te kom haal. Hulle verkoop enigiets van boeke, klere, kombuisgoedere, speelgoed, meubels, enigiets waaraan jy kan dink. Besoek die DBV winkel en sien watter skatte jy daar kan kry.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button