NewsNews

7 Minute om jou whatsapp “oepsie” reg te maak

’n  Boodskap of foto verkeerd gestuur op WhatsApp? Maak gou reg jou “oepsie” want jy het net 7 minute. Reg gelees. Dit is nou moontlik om daardie WhatsApp boodskap wat aan ander gebruikers verkeerdelik gestuur is, uit te vee.                                                                                                                                                                                     Die openbare vraag na ’n  funksie om ’n Whatsapp “oepsie” te kan regstel, was so groot …

’n  Boodskap of foto verkeerd gestuur op WhatsApp? Maak gou reg jou “oepsie” want jy het net 7 minute.
Reg gelees. Dit is nou moontlik om daardie WhatsApp boodskap wat aan ander gebruikers verkeerdelik gestuur is, uit te vee.                                                                                                                                                                                     Die openbare vraag na ’n  funksie om ’n Whatsapp “oepsie” te kan regstel, was so groot dat die boodskapdiens  nou die regstelling moontlik maak.
Gebruikers het sowat 7 minute om ’n  boodskap uit te vee wat op albei gebruikers se toestelle sal verdwyn. Na die 7 minute sal die opsie nie meer beskikbaar wees nie en kan gebruikers net die boodskap op hul eie toestelle uitvee.
Boodskappe sal in gesprekke tussen 2 persone of in groepe uitgevee kan word.
As ’n  boodskap uitgevee word, is daar ’n  kennisgewing wat aandui dat die boodskap uitgevee is en sal die persoon aan wie die boodskap gestuur was ook weet dat ’n  boodskap uitgevee is, hoewel dit dan nie meer leesbaar is nie.
Hoe gaan jy te werk? Maak seker die jongste weergawe van WhatsApp is op jou slimfoon of rekenaar geïnstalleer. Sodra jy ’n  WhatsApp boodskap aan ’n  gebruiker of groep gestuur het wat jy wil uitvee, kies die uitvee opsie in die regterkantse hoek om die boodskap op beide toestelle uit te vee. As jy die opsie gekies het word die boodskap op beide toestelle uitgevee. Maar onthou jy het net 7 minute
Die diens is beskikbaar gestel vir die jongste weergawe van Whatsapp vir onder meer iPhone, Android, Windows-slimfone en WhatsApp se desktop-weergawe.
Volgens die boodskapdiens mag daar soms tegniese probleme met die funksie wees wat veroorsaak dat die boodskappe nie altyd uitgevee word nie. Jy sal ook nie in kennis gestel as ’n  boodskap nie uitgevee is nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button