NewsNews

Verhoor van ses volgende week in Hoë Hof hervat

Die verhoor van die ses mans van Parys wat tereg staan op klagte van moord na die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa, sal weer aanstaande week hier voor regter Corné van Zyl in die rondgaande Hoë Hof in Parys hervat word. Die saak spruit uit ’n voorval op 6 Januarie 2016 op die …

Die verhoor van die ses mans van Parys wat tereg staan op klagte van moord na die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa, sal weer aanstaande week hier voor regter Corné van Zyl in die rondgaande Hoë Hof in Parys hervat word.
Die saak spruit uit ’n voorval op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik.
Die staat voer aan dat die beskuldigdes in die saak na bewering die oorledenes só erg sou aangerand het, dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het. Die beskuldigdes is Boeta van der Westhuizen, sy seun Loedie van der Westhuizen (jr.),  Miela Janse van Vuuren, kapt. Henk Prinsloo, Anton Loggenberg en sy seun Cor Loggenberg.
Kruisondervraging van die staat se 204-getuie, Fanie Oosthuizen, is op 11 Augustus vanjaar afgehandel, en sal die verhoor nou hervat word nadat dit in Mei na ’n  maandlange sitting wat die saak op die hofrol geplaas was, verdaag is. Die verhoor is sedert die aanvang daarvan gekenmerk deur verskeie vertragings. Eers met dokumente wat die verdediging aangevra het té laat deur die staat oorhandig is, toe ’n  aansoek van die SAUK om die verhoor regstreeks te beeldsend, en daarna ’n verrassende wending toe die staat ’n aansoek gebring het om te poog om die borg van een van die beskuldigdes, Anton Loggenberg, te probeer terugtrek vir beweerde oortreding van borgvoorwaardes. Die aansoek het nie geslaag nie.
Met die laaste dag van die sitting in Mei het die verdediging se adv. Hans de Bruin met die aanvang van die hofverrigtinge homself verskoon van die verhoor nadat hy sy redes in kamers aan regter Van Zyl verskaf het.
Die verhoor is nou op die hofrol vir 6 tot 24 November. Adv. Nico Dreyer en prokureurs Kobus Burger, Gideon Mandelstam en Hannes Grimbeek verskyn vir die verdediging.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button