NewsNews

Oppas vir vals klagtes

Daar was onlangs ’n skerp toename in die rapportering van vals klagtes by die polisie in Parys. Volgens die stasiebevelvoerder, kol. Kotsoane, herken die polisie ’n  vals klag sodra dit by die ondersoekstadium kom. Die Gemeenskap Polisiëring Forum het daarom ’n  beroep op die publiek gedoen om seker te maak klagtes wat gerapporteer word is …

Daar was onlangs ’n skerp toename in die rapportering van vals klagtes by die polisie in Parys.
Volgens die stasiebevelvoerder, kol. Kotsoane, herken die polisie ’n  vals klag sodra dit by die ondersoekstadium kom. Die Gemeenskap Polisiëring Forum het daarom ’n  beroep op die publiek gedoen om seker te maak klagtes wat gerapporteer word is eg.
Let ook op die onderskeid wat getref word tussen diefstal en roof veral wanneer jy die polisiestasie skakel met ’n  klag.
As daar nie geweld betrokke is nie, is dit nie roof nie. Die polisie wil graag ‘n behoorlike diens aan die gemeenskap lewer maar vals of verkeerde klagtes lê die sisteem lam. Daarom is elke lid van die gemeeenskap se samewerking van onskatbare waarde.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button