NewsNews

Onreëlmatige uitgawes grootliks goedgekeur

“Die Ngwathe Raad het by sy “onwettige” sitting op 5 Oktober waar onreëlmatige uitgawes van ongeveer R112m vir kondonasie ter tafel was, nagenoeg R99m daarvan goedgekeur” sê Vryheidsfront Plus rdl. Phillip van der Merwe. Dit blyk uit die konsep notule van die vergadering wat uiteindelik aan raadslede beskikbaar gestel is en by ‘n raadsvergadering op …

“Die Ngwathe Raad het by sy “onwettige” sitting op 5 Oktober waar onreëlmatige uitgawes van ongeveer R112m vir kondonasie ter tafel was, nagenoeg R99m daarvan goedgekeur” sê Vryheidsfront Plus rdl. Phillip van der Merwe.
Dit blyk uit die konsep notule van die vergadering wat uiteindelik aan raadslede beskikbaar gestel is en by ‘n raadsvergadering op 31 Oktober vir goedkeuring voorgelê sou word.
“Dit blyk nou dat die Raad bloot die voorbeelde van uitgawes wat ondersoek verg, wat in my protesbrief aan die Speaker vermeld was, en ongeveer R13m beloop het, vir ondersoek verwys het, en al die ander eenvoudig goedgekeur het” sê hy verder.
“Daar is egter talle uitgawes waarvan die omstandighede soortgelyk is aan die voorbeelde wat ek gebruik het, en beslis ook ondersoek regverdig, maar wat bloot aanvaar en afgeskryf is.” Volgens die konsep notule is ook nagenoeg R177 000,00 se vrugtelose uitgawes, sonder enige ondersoek soos deur die Munisipale Finansieswet vereis, goedgekeur. Daar is ook bates met ’n waarde van ongeveer R1m van die bateregister verwyder, sê Van der Merwe.
“Ek is ernstig met my voorneme om hierdie tipe optrede te beveg, wat die toekenning van kontrakte met waardes van miljoene rande sonder dat tenderprosesse gevolg word, insluit. Ek beskou dit as hoogs onaanvaarbaar. Ek is tans besig om regsadvies te kry met die oog op ’n hofaansoek om die ‘onwettige’ besluite ter syde te laat stel, het Van der Merwe aan Gazette gesê.
Die Senior Advokaat wie genader is, is tans in ander litigasie betrokke wat ’n  kort vertraging in die proses mag meebring, maar die Vryheidsfront Plus sal onmiddellik by ontvangs van sy aanbevelings ’n  finale besluit oor ’n  volgende stap neem

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button