NewsNews

Dis Avontuurfees in Parys dié naweek

Parys hou hierdie naweek sy nou reeds bekende Dome Avontuurfees. Die fees vind plaas vandag, Vrydag 3 November en Saterdag 4 November by die AfriDome. Een van die hoogtepunte op vanjaar se feesprogram vir die Vrydag is die bierfees. Vrydag se toegang kos R50 vir volwassenes en R30 vir kinders. Feesgangers sal onder meer Vrydagaand  …

Parys hou hierdie naweek sy nou reeds bekende Dome Avontuurfees. Die fees vind plaas vandag, Vrydag 3 November en Saterdag 4 November by die AfriDome.
Een van die hoogtepunte op vanjaar se feesprogram vir die Vrydag is die bierfees. Vrydag se toegang kos R50 vir volwassenes en R30 vir kinders.
Feesgangers sal onder meer Vrydagaand  kan luister na Marné Prinsloo, en Henk Grimsel en The After Party Band. Dit beloof ’n  heerlike kuieraand te wees.
Kunstenaars wat Saterdagmiddag en -aand sal optree, sluit in:
15:00-16:00 Rinel Day
16:00-17:00 Marne Prinsloo
17:00-18:00 Cordelia
18:00-19:00 Dirk van der Westhuizen
19:00-20:00 Franja du Plessis
20:00-21:00 Piet Pompies
21:00-22:00 Bok van Blerk
22:00-23:00 Kahn Morbee
Saterdag se toegang kos R120 vir volwassenes en R60 vir kinders 2-12 jaar. Daar is ’n  pretpark vir die kinders en verskeie aktiwiteite sal deur die dag aangebied word.
Kom kyk onder meer na die miniatuur perdjies in die buite-arena, die Extreme Motorcycles vertoning, ’n sterkman kompetisie, talentkompetisie en kroning van Mnr. en Mej. Domefees, wynproe en rofstoei.
Daar is ook verskeie buitelug avontuuraktiwiteite in en om die dorp, waaronder gholf, witwater roei, megazip, parkrun, 4 x 4 by Stonehenge, Tiger Moths vlugte, skydive en die baie gewilde Dome Warrior Sprint.
Sondag se Dragon boot kragmeting by die Parys Golf & Country Estate sal  NIE die naweek plaasvind nie en is uitgestel. ’n Datum vir die kragmeting sal volgende week in die Gazette bekendgemaak word.
Vir navrae oor die fees of enige van die aktiwiteit kan die Parys Info-kantoor by  (056) 811 4000 gekontak word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button