NewsNews

Talentvolle danser, sanger of akteur – hier is jou kans

As jy kan dans, sing of toneel speel, moet jy seker maak jy skryf in vir vanjaar se Dome talentkompetisie, aangebied deur Dome-Talent@Parys.  Die beoordelaars is Anthonie Bougas, Launette van Niekerk en Bazil Burnett. Gou spring die tyd word min vir inskrywings want die kompetisie sal oudergewoonte aangebied word tydens die dorp se jaarlikse Dome …

As jy kan dans, sing of toneel speel, moet jy seker maak jy skryf in vir vanjaar se Dome talentkompetisie, aangebied deur Dome-Talent@Parys.  Die beoordelaars is Anthonie Bougas, Launette van Niekerk en Bazil Burnett. Gou spring die tyd word min vir inskrywings want die kompetisie sal oudergewoonte aangebied word tydens die dorp se jaarlikse Dome fees hierdie naweek, Vrydag 3 en Saterdag 4 November by die AfriDome in Parys.

Alle inskrywings en gelde moet by die Parys Info-kantoor in Waterstraat, Parys ingehandig word. Die Info-kantoor kan ook geskakel word by tel. (056) 811 4000. Vanjaar is inskrywingsgelde halfprys teenoor verlede jaar, en betaal deelnemende kinders slegs R20, en deelnemende volwassenes slegs R30.

Nie-deelnemende kinders sal R60 toegang betaal, en nie-deelnemende volwassenes R120. Die kategorieë waarvoor ingeskryf kan word is: Petite 3-6 jaar, juniors 7-10 jaar, tieners 11-14 jaar, seniors 15-18 jaar en ‘n ope-afdeling vir deelnemers 18 jaar en ouer.

Toegangsbandjies vir deelnemers moet by die Info-kantoor afgehaal word. Laat inskrywings sal steeds die volle toegangsfooi moet betaal.

Deelnemers sal die dag van deelname om 11:30  by die beoordelaarstafel moet aanmeld. Vir die Vokale-afdeling mag geen Karaoke-musiek gebruik word nie.

Daar mag ook nie saam met ‘n oorspronklike CD gesing word nie, en eie agtergrondstemme word ook nie toegelaat nie. Die begeleidingsnit mag nie twee minute (120 sekondes) oorskry nie.

Geen drank, vuil taal of vulgêre bewegings mag gebruik word nie, en alle musiek moet op \ CD wees as WMA, of MP3. CD’s moet duidelik gemwerk wees en bring ‘n ekstra CD saam vir jou optrede.

Die beoordelaars se beslissing is finaal.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button