NewsNews

Kersfees met Deo Gloria Kerskonsert

Die Deo Gloriakoor wat sedert 1999 reeds duisende konsertgangers met ’n keur van gewyde en klassieke musiek bekoor, hou weer op 25 November ‘n Kerskonsert in die NG Kerk Vredefort. Soos altyd, is dit die hoogtepunt op die musiekkalender van Parys, en konsertgaste kan vanjaar uitsien na ’n besondere program met uitstaande kunstenaars vanoor die …

Die Deo Gloriakoor wat sedert 1999 reeds duisende konsertgangers met ’n keur van gewyde en klassieke musiek bekoor, hou weer op 25 November ‘n Kerskonsert in die NG Kerk Vredefort.
Soos altyd, is dit die hoogtepunt op die musiekkalender van Parys, en konsertgaste kan vanjaar uitsien na ’n besondere program met uitstaande kunstenaars vanoor die hele Suid-Afrika.
Die Deo Gloriakoor is in 1999 deur Erna Rademan, Marli Krüger en wyle Jan Badenhorst gestig en het sedertdien bekendheid verwerf vir hul tweejaarlikse konserte wat deur mense van heinde en verre bygewoon word. Vanjaar tree die koor op saam met bekende tenoor Chris Mostert, en sopraan Marguerite van Wyk, asook (onder andere) orrelis Werner Ferreira, violis Carli D’Alibout, Anthony Duffin en Karel Steyn op onderskeidelik trompet en fluit, en die sangpaar Olga Leonard en Babette Viljoen.
Die konsert bied ook die instrumentale klanke van die Bochabela Strings, ‘n strykorkes onder leiding van Peter Guy, wat as solo-kunstenaars en begeleiers sal optree.
Soos altyd sal ’n  groot verskeidenheid van bekende en geliefde musiek gehoor kan word, maar die connoisseur sal ook nie teleurgestel word nie. Die program sluit gunstelinge in soos Stille Nacht, die Gloria uit die Mis in G van Schubert en Ave Maria van Karl Jenkins.
Kaartjies kos R100 en is te koop by koorlede, National Roadhouse en La Vie en Rose in Parys; Chris van Niekerk Skool in Vredefort en Rellings in Kroonstad. Skakel 082 565 1085 vir navrae. Gou spring om teleurstelling te voorkom!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button