NewsNews
Vragmotor ploeg in #SwartMaandag motors in
Drie mense is vanoggend beseer toe ‘n vragmotor in talle motors tydens die #SwartMaandag-optog, ingeploeg het. Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het paramedici omstreeks 10:40 by die toneel op die N4, sowat 5km buite Middelburg in Mpumalanga, aangekom. Met hul aankoms by die toneel het drie vragmotors en 10 motors die hele pad blokkeer. …
Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het paramedici omstreeks 10:40 by die toneel op die N4, sowat 5km buite Middelburg in Mpumalanga, aangekom.
Met hul aankoms by die toneel het drie vragmotors en 10 motors die hele pad blokkeer. Sommige voertuie het ook omgeslaan.
Twee mense het ernstige beserings opgedoen en ‘n derde persoon geringe beserings.
Die pasiënte is op die toneel behandel voor hulle hospitaal toe geneem is vir verdere mediese sorg.
Luidens die persverklaring het die bestuurder van die vragmotor beheer oor die voertuig verloor.