NewsNews
Verskeie optredes teen Plaasmoorde in Potch #SwartMaandag
Daar word verskeie optredes in Potchefstroom vir vandag (30 Oktober) teen plaasmoorde beplan. FOTO: Hennie Weideman/FACEBOOK Daar word verskeie optredes in Potchefstroom vir vandag (30 Oktober) teen plaasmoorde beplan. Daar was reeds vanoggend om 06:30 naby die Abraham Kriel Kinderhuis waar mense saamgekom het om te bid. ‘n Bidbyeenkoms naby die JOOL vind van 10:00 – 12:00 plaas. …
Daar word verskeie optredes in Potchefstroom vir vandag (30 Oktober) teen plaasmoorde beplan.
Daar was reeds vanoggend om 06:30 naby die Abraham Kriel Kinderhuis waar mense saamgekom het om te bid.
‘n Bidbyeenkoms naby die JOOL vind van 10:00 – 12:00 plaas.
Boere in die area is genooi om tussen 13:00 en 14:00 by Hebron op die Vereenigingpad bymekaar te kom om te bid.
Motorfietsryers beplan om van 15:30 af by die Trimpark bymekaar te kom waarna hulle 16:00 ‘n bepaalde roete deur die dorp gaan ry. Die motorfietsryers sal begelei word deur ‘n voertuig.
Nog ‘n bid byeenkoms is beplan naby Oewersig vanaf 17:00 vanmiddag