NewsNews

Baloyi & Mofokeng ontvang memorandum #SwartMaandag

MEYERTON. – Midvaal burgemeester, DA-raadslid Bongani Baloyi het vanoggend die beswaarmakers op die R59 se griewe-memorandum ontvang. Honderde mense, geklee in swart of kakieklere, het vanoggend die R59 by die Redan-afrit, te versper. Die land se paaie word vandag op horings geneem met derduisende mense wat hul stem dik maak teen die sinnelose plaasmoorde en …

Honderde mense, geklee in swart of kakieklere, het vanoggend die R59 by die Redan-afrit, te versper. Die land se paaie word vandag op horings geneem met derduisende mense wat hul stem dik maak teen die sinnelose plaasmoorde en geweldadige misdade.

Die inisiatief #SwartMaandag het onstaan na Chris Loubser, ‘n plaasbestuurder in die Franschhoek-omgewing, ‘n hartroerende video gedeel het na Joubert Conradie (47), pa van twee en boer in die Klapmuts-omgewing tussen Stellenbosch en Paarl, doodgeskiet is.

Die video het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei en vandag word die land se paaie tot stilstand gedwing.

In die griewe-memorandum staan onder meer dat genoeg is genoeg en dat plaasmoorde einde moet kry. Daar staan ook haatmisdade teenoor wit mense en wit volksmoord moet stop. Hulle vra dat daar aksie geneem moet word sodat wit mense weer veilig kan voel in Suid-Afrika en dat meer polisievoertuie na buurte en plase gestuur word om te patrolleer.

Hulle versoek dat die burgemeester in die plaaslike koerant, Vaalweekblad, binner sewe dae terugvoering gee oor die probleme wat hulle in die gesig staar. Ook dat die griewe-memorandum na die parlement gestuur word en daarvoor soek hulle bewyse.

Indien die versoek om terugvoering te krygeignoreer word sal die groep beswaarmakers terugkom en die R59 vir sewe dae versper, en indien hulle nie binne 14 dae bewyse ontvang dat die memorandum die parlement bereik het nie, kom hulle terug vir 14 dae.

Die griewe-memorandum is oorhandig en volgens die nuutste inligting is die pad nou weer oop.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button