NewsNews

Kinder Kerskarnaval vir hulle wat minder het

’n  Kinder Kerskarnval vir nagenoeg 300 minderbevoorregte kinders word op 18 November in Parys gehou om seker te maak dat hierdie kinders ’n dag kan beleef wat hulle altyd sal onthou. Volgens Zelda Smuts van Caring Daisies Parys, en Eliska Rencken, sal daar gefokus word op kinders in Parys van 0 tot 12 jaar, en …

’n  Kinder Kerskarnval vir nagenoeg 300 minderbevoorregte kinders word op 18 November in Parys gehou om seker te maak dat hierdie kinders ’n dag kan beleef wat hulle altyd sal onthou.
Volgens Zelda Smuts van Caring Daisies Parys, en Eliska Rencken, sal daar gefokus word op kinders in Parys van 0 tot 12 jaar, en hul gesinne. Die dag beloof om baie pret en interaktiewe aktiwiteite te bied met ’n geskenkie vir elke kind by die partytjie. Willie en Natasha Joubert sal optree, en daar sal ook peuselhappies en kos  vir die gesinne wees by die partytjie.
Dit word op die Parys Primêre skool se sportgronde gehou en begin om 10:00. Die families sal onder die bome piekniek kan hou, terwyl die kinders op die waterglybane en springkastele kan baljaar.
Willie en Natasha sal tussen 12:00 en 13:30 hul Kersvertoning lewer, waarna Kersvader sy opwagting sal maak met geskenkies soortgelyk aan die Santa Shoe Box-projek. Familiefoto’s sal geneem kan word, en die Gideons gaan  vir elke gesin ’n Bybel oorhandig. Daarna volg middagete en boeresport tussen 15:00 en 17:00.  Middagete is potjiekos. Sakelui en individue wat bereid is om ’n potjie te maak wat vir die partytjiegaste uitgedeel gaan word, is welkom om op hierdie manier by te dra. Die partytjie eindig om 18:00.
Jy kan ook bydra tot die dag deur skenkings vir die T-hemde van die Caring Daisy organiseerders sodat hulle maklik uitgeken sal kan word, leë 500ml bottels sodat elke kind deur die dag sy bottel sal kan vol maak met drinkgoed, karnaval lekkernye soos gekleurde springmielies, spookasem, toffie-appels, ‘n slush puppy masjien, roomysmasjien, lekkergoed of ander lekker happies, gazebo’s, stoele, tafeldoeke, pette vir nagenoeg 300 kinders, water, sap en ander nie-alkoholiese drinkgoed, 300 kolwyntjies , skyfies, sonbrandroom, baie ys, braaiers, hout/charcoal, of enigiets hoe gering ook al wat ’n  bydrae tot die sukses van die dag kan maak. Kom ons help om hierdie dag spesiaal te maak vir ’n  hele paar kinders.
As jy kan bydra of navrae het, skakel Zelda Smuts by 072 913 9696,  of stuur ‘n e-pos na Zeldas2@jdg.co.za, of Eliska Rencken by 060 666 5369 of stuur ‘n e-pos na yerencken@gmail.com

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button