NewsNews

Drie plaasmoorde op een dag

Groot kommer heers oor plaasaanvalle in Suid-Afrika na drie plaasmoorde Dinsdag, 24 Oktober, plaasgevind het. Die plaasaanvalle het onderskeidelik in Stellenbosch, Piet Retief en Kaapmuiden plaasgevind. Volgens Kobus Breytenbach, voorsitter van Agri SA se sentrum vir uitnemendheidvir landelike veiligheid veoordeel Agri SA die gebeure ten sterkste. Hulle is ook bekommerd oor die styging in ernstige …

Die plaasaanvalle het onderskeidelik in Stellenbosch, Piet Retief en Kaapmuiden plaasgevind.

Volgens Kobus Breytenbach, voorsitter van Agri SA se sentrum vir uitnemendheidvir landelike veiligheid veoordeel Agri SA die gebeure ten sterkste. Hulle is ook bekommerd oor die styging in ernstige geweldsmisdaad op plase.

Breytenbach moedig mense aan om by plaaslike veiligheidsnetwerke aan te sluit.

Verder het ‘n video van Chris Loubser, ‘n plaasbestuurder in die Franschhoek-omgewing soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei. In die video vra hy onder meer dat alle Suid-Afrikaners eerskomende Maandag swart sal aantrek om respek te toon teenoor die boere wat hul lewens in plaasaanvalle verloor het.

In een van die plaasaanvalle in Joubert Conradie (47), pa van twee en boer in die Klapmuts-omgewing tussen Stellenbosch en Paarl, doodgeskiet. Luke von Johnston (66) en een van sy plaaswerkers is in ‘n ander voorval by sy plaashek geskiet.

Related Articles

Back to top button