NewsNews

Twee bakkies in hoofstraat gesteel

Twee bakkies is die afgelope naweek in Parys se hoofstraat gesteel by ’n restaurant en kuierplek onderskeidelik, ten spyte daarvan dat daar heelwat beweging en motorwagte was. Vrydagmiddag laat is ’n Hilux bakkie gesteel en Saterdagmiddag tussen 12:00 en 13:00 ’n Toyota Landcruiser. * Ná die arrestasie van ’n vermeende bankkaartdief vroeër, het die diefstal …

Twee bakkies is die afgelope naweek in Parys se hoofstraat gesteel by ’n restaurant en kuierplek onderskeidelik, ten spyte daarvan dat daar heelwat beweging en motorwagte was. Vrydagmiddag laat is ’n Hilux bakkie gesteel en Saterdagmiddag tussen 12:00 en 13:00 ’n Toyota Landcruiser.
* Ná die arrestasie van ’n vermeende bankkaartdief vroeër, het die diefstal van bankkaarte by kitsbanke in die dorp drasties afgeneem, maar waarsku die polisie dat mense steeds baie versigtig moet wees wanneer van die dienste by kitsbanke gebruik gemaak word. Moenie toelaat dat iemand jou aandag aftrek nie, en moenie die kitsbank gebruik wanneer daar geen ander kliënte of beweging is nie.
*Inbrake by besighede in die nywerheidsgebied waar veral kluise oopgebreek word, bly  ’n  kopseer. Die afgelope maand is vier gevalle  gerapporteer.

Related Articles

Back to top button