NewsNews

Mittal-hoë se uittrede vererger kommer, sê Solidariteit

Uitvoerende bestuurshoof van ArcelorMittal kondig sy uittrede aan Mnr. Wim de Klerk, uitvoerende bestuurshoof van ArcelorMittal (SA) Die vakbond Solidariteit het vandag (25 Oktober) sy kommer uitgespreek nadat Wim de Klerk, hoofuitvoerende beampte van ArcelorMittal Suid-Afrika (AMSA), aankondig het dat hy aan die einde van Januarie 2018 gaan uittree. Die vakbond se kommer oor De …

Mnr. Wim de Klerk, uitvoerende bestuurshoof van ArcelorMittal (SA)

Die vakbond Solidariteit het vandag (25 Oktober) sy kommer uitgespreek nadat Wim de Klerk, hoofuitvoerende beampte van ArcelorMittal Suid-Afrika (AMSA), aankondig het dat hy aan die einde van Januarie 2018 gaan uittree.

Die vakbond se kommer oor De Klerk se aankondiging spruit uit die 189A-afleggingskennisgewing wat op 16 Augustus deur AMSA, Afrika se grootste staalverskaffer, uitgereik is. Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit se metaal- en ingenieursbedryf, voer aan dat in die konteks van die geweldige druk wat die staalbedryf tans beleef, dié aankondiging die spanning vererger van werknemers wat moontlik deur die afleggings geraak gaan word. “Dit dra by tot die reuse-onsekerheid wat die werknemers reeds ervaar,” voeg Croucamp by.

Croucamp voer aan dat Solidariteit aktief by gesprekke met die maatskappy betrokke is om alternatiewe vir afleggings te bespreek. “Ons sal alles in ons vermoë doen om die moontlike afleggings by AMSA te minimaliseer,” het Croucamp gesê.

Related Articles

Back to top button