NewsNews

61-jarige se liggaam in hospitaal se plafon gevind

Die liggaam van ‘n 61-jarige man is in die plafon van Stellenbosch-hospitaal gevind na hy spoorloos na sy operasie verdwyn het. Illustrasie foto Die man het op 5 Oktober ‘n operasie ondergaan. Na sy verdwyning is ‘n soektog van stapel gestuur, maar hy kon nie gevind word nie. 13 Dae later is sy liggaam in die …

Illustrasie foto

Die man het op 5 Oktober ‘n operasie ondergaan.

Na sy verdwyning is ‘n soektog van stapel gestuur, maar hy kon nie gevind word nie. 13 Dae later is sy liggaam in die plafon van die hospitaal gevind.

Mark van der Heever, provinsiale woordvoerder vir die departement van gesondheid het aan News24 gesê dit is ‘n baie hartseer voorval.  “Daar word tans konstruksiewerk by die hospitaal uitgevoer wat ook die soektog moeiliker gemaak het. Die omstandighede met betrekking tot hoe die pasiënt toegang tot die plafon gekry het, word ondersoek.”

Die departement het sy meegevoel aan die familie oorgedra en sal na verwagting met hulle vergader sodra ‘n outopsieverslag vrygestel is. Die verslag sal met die familie bespreek word.

Die familie is trauma- en beradingsdienste aangebied.

Related Articles

Back to top button