NewsNews

Ouers kan nou krimineel vervolg word oor pakslae

Mail and Gaurdian berig dat die "redelike tugtiging" van 'n kind deur 'n ouer kan nie meer as 'n geldige verweer teen 'n aanklag van aanranding gebruik word nie. Ouers wat hulle kinders pakslae gee kan moontlik krimineel vervolg word op dieselfde wyse soos as ʼn volwassene geslaan word.

Mail  and Gaurdian berig dat die “redelike tugtiging” van ‘n kind deur ‘n ouer kan nie meer as ‘n geldige verweer teen ‘n aanklag van aanranding gebruik word nie. Ouers wat hulle kinders pakslae gee kan moontlik krimineel vervolg word op dieselfde wyse soos as ʼn volwassene geslaan word.

“Die verweer van redelike tugtiging is ongrondwetlik en is nie meer van toepassing in ons wet nie,” het regter Raylene Keightley, regter van die hooggeregshof in Johannesburg gesê.

Lyfstraf is reeds verbied as ‘n straf in die regstelsel en in skole.

“Ouers wat in lyfstraf glo, sal verwag word om die sekulêre wette te gehoorsaam, eerder as om hulle in staat te stel om hul godsdienstige oortuigings bo die beste belange van hul kinders te plaas.” Het Keightly gesê.

Volgens haar sal ouers wat hul kinders pakslae gee, nie lukraak vervolg word nie. Bestaande ingrypingsdienste sal eers gebruik word. Terselfdertyd het sy bevind dat die staat “vermag moet word om kinders teen moontlike skadelike situasies te beskerm”.

Die hof het ‘n appèl oorweeg deur ‘n man wat as YG geïdentifiseer is teen sy skuldigbevinding in ‘n landdroshof vir die aanranding van sy seun en vrou. YG het gesê hy het sy 13-jarige seun, gevang het na pornografie kyk. As ‘n godsdienstige Moslemman het YG gesê dit is belangrik om sy seun te leer dat pornografie verkeerd is.

Hy het sy vrou later dieselfde aand aangerand in, wat hy beweer het selfverdediging was.

Sy seun het hom vir aanranding aangekla, en sy vrou is besig om hom te skei.

Keightley het YG se verdediging verwerp omdat hy sy seun geskop en geslaan het.

“Dit is sonder twyfel aanranding,” het sy gesê.

In die verlede, wanneer die “redelike tugtiging” verweer gebruik is, is die redelikheid van die dissipline gemeet teen die aard van die oortreding deur die kind, die motief van die persoon wat straf, die krag wat gebruik word, die voorwerp wat gebruik word om te straf en die ouderdom, geslag en bou van die kind.

Sodra ‘n ouer die verdediging opgedoen het, was die staat verplig om te bewys dat die straf die grense van redelikheid oortref het.

Keightley het bevind dat dit teenstrydig is met die grondwet omdat dit van kinders “tweedeklasburgers” met minder beskerming in die wet as volwassenes wat op soortgelyke wyse behandel word maak.

 

Related Articles

Back to top button