NewsNews

Mielieboer of Engelsman: Taai stryd wag op dié rolbalmeesters

Die mielieboer van Noordwes, of die Engelsman van Johannesburg? Wie gaan ná Sondag die kroon dra as die kampioen der kampioene van die Gerry Baker vs Rudi Jacobs Rolbal Uitdaging wat hierdie naweek, Sondag 22 Oktober by die Parys-rolbalklub beslis word. ’n Titaniese stryd en ’n eerste tussen dié twee rolballegendes en hul spanne, met …

Die mielieboer van Noordwes, of die Engelsman van Johannesburg?
Wie gaan ná Sondag die kroon dra as die kampioen der kampioene van die Gerry Baker vs Rudi Jacobs Rolbal Uitdaging wat hierdie naweek, Sondag 22 Oktober by die Parys-rolbalklub beslis word.
’n Titaniese stryd en ’n eerste tussen dié twee rolballegendes en hul spanne, met deurwinterde rolbaltalent – van Protea-spelers, tot oud-Proteas en provinsiale spelers. Dit beloof ’n taai stryd te wees – so wees versigtig waar jy jou geld wed.
Só lyk die spanne wat sal kragte meet:
Rudi se span: Mans – Rudi Jacobs (huidige SA speler), George Lotter (huidige SA speler), Pierre Breitenbach (huidige SA speler), Jaco Nel (Noordwes provinsiaal), Dries de Jager (Noordwes provinsiaal), Henk Prinsloo (Noordwes provinsiaal), Errol Booth (Noordwes provinsiaal), Mike Bennetto (Noordwes provinsiaal), Pikkie Loots (Noordwes provinsiaal), Gene Hill (Noordwes provinsiaal), Ferdi Jansen (Noordwes provinsiaal), Tinus Crous (Noordwes provinsiaal), en Piet Croucamp (Noordwes provinsiaal).
Dames – Tracy Jacobs (Noordwes provinsiaal), Helen Jansen (voormalige SA speler), Corrie Breitenbach (voormalige SA speler) en Jillian Booth (Noordwes provinsiaal).
Gerry Baker se span: Mans – Gerry Baker (huidige SA speler), Jason Evans (huidige SA speler), Donny Piketh (voormalige SA-speler), Gavin ”Boom Boom” Erasmus – (JBA provinsiaal), Jonnie Pieterse (JBA provin-   siaal), Nic Techman (JBA provinsiaal), Shaun Thomas (JBA provinsiaal), Mark Hankey, Glenn Minnaar, Phil” The Power” Taylor, Neil du Toit en Warren” Big Dog” Harvey.
Dames – Peta Smith, Jenny Eager, Louise Evans en Charlie Taylor.
​Beide Rudi en Gerry het Suid-Afrika op die rolbalbaan verteenwoordig by die Statebond Spele, die World Champion of Cham-pions, World Bowls Champs, en die Afrika Spele.
Rudi is dan ook ’n lid van die Parys-rolbalklub en Parysenaars word daarom genooi om seker te maak hul sitplek is langs die rolbalbaan vir Sondag se stryd.
Die kragmeting skop reeds die Saterdagaand om 19:00 af met ’n spog gala-ete, waar Gerry die gasspreker is.  Kom kuier saam met lekker musiek, dans en ’n kontantkroeg wat beskikbaar sal wees. Die koste is R120 per persoon.
Sondag, 22 Oktober begin die groot uitdaging om 09:00. Daar sal net een telbord wees en die span met die hoogste telling vir die dag wen die trofee. Hierdie kragmeting sal ’n jaarlikse instelling word.
Toegang is gratis. Etes sal te koop wees en daar is ’n kontantkroeg. Sportmanne en -dames, Jan Publiek of sommer enigeen wat lus is om te kom kyk en saam te kuier, is meer as welkom. Vir navrae en kaartjies kan Jaco Nel by 082 8800 233,  of Trevor Wright by 071 688 7947 gekontak word.

Foto’s: Gerry Baker (links) en Rudi Jacobs (foto regs). Wie sal ná Sondag se rolbalstryd die kampioenkroon dra.

Related Articles

Back to top button