NewsNews

Herrie oor vergadering

n  Herrie is los nadat daar in ’n  spesiale raadsvergadering vroeër hierdie maand oënskynlik R112m se onreëlmatige, vrugtelose en ongemagtigde munisipale uitgawes goedgekeur is. Dit  ten spyte van opposisieraadslede se waarskuwing vooraf dat die vergadering ongeldig sou wees. “Ek het Speaker Mopedi sowel as die munisipale bestuurder vooraf per brief gewaarsku dat die beoogde vergadering, …

n  Herrie is los nadat daar in ’n  spesiale raadsvergadering vroeër hierdie maand oënskynlik R112m se onreëlmatige, vrugtelose en ongemagtigde munisipale uitgawes goedgekeur is. Dit  ten spyte van opposisieraadslede se waarskuwing vooraf dat die vergadering ongeldig sou wees.
“Ek het Speaker Mopedi sowel as die munisipale bestuurder vooraf per brief gewaarsku dat die beoogde vergadering, wetgewing asook die Raad se eie reglemente sou oortree, ” sê rdl. Phillip van der Merwe (VF+). Onder sy redes was dat onvoldoende kennis gegee is, en raadslede ook nie die volledige agenda betyds ontvang het nie. Die agenda moes ’n volledige verslag bevat, met aanbevelings, oor alle onreëlmatige uitgawes in die voorafgaande boekjaar deur die Raad se toepaslike Staande Komitee. “Hierdie ondersoek was nog nie afgehandel nie,” sê DA-raadslid Arnold Schoonwinkel, ‘n lid van die Staande Komitee. Hy sê hy het die komitee-voorsitter sowel as die Speaker daarop gewys, en skriftelik daarop aangedring dat die komitee sy werk eers voltooi.  Toe die Speaker die briewe van sowel die VF+ en die DA ignoreer, het die DA-sweep, haar skriftelik ingelig dat DA-raadslede nie ’n vergadering wat ongeldig belê is, sou bywoon nie.Die drie EFF lede het aangedui dat hulle ook nie die vergadering sal bywoon nie.

Dit nadat die Speaker en die munisipale bestuurder vooraf ingelig is dat die beoogde vergadering wetgewing en die Raad se eie reglemente sou oortree.
“In weerwil daarvan het ons later verneem die vergadering het wel plaasgevind,” sê rdl Phillip van der Merwe. (VF+) “Dis ‘n skande dat die ANC buite die raamwerk van die wet, en sonder behoorlike ondersoek, enorme onreëlmatige uitgawes kon probeer goedkeur.”
Van der Merwe wag nou op ‘n afskrif van die presiese besluite. “Sodra ek dit ontvang mag ek besluit om aansoek te doen by die Hoë Hof om die besluite nietig te laat verklaar.” Sou hy dit doen sê hy, het hy die Speaker ook ingelig dat hy die hof sal versoek dat enige hofkoste persoonlik betaal word deur die individue verantwoordelik daarvoor. In die verband skryf hy op 4 Oktober aan die Speaker “ Should you, despite this letter, nevertheless proceed with the “meeting”, I will consider any resolution passed thereat as invalid and reserve the right to have any such resolution set aside by a competent Court. If I have to resort to such legal steps I will include  that you and the Municipal Manager be personally held liable for the costs of such application. Die DA gaan dit ook nie daar laat nie. “Ons sal minstens sterk protes by die provinsiale regering aanteken,” aldus die DA-sweep Poloko Molaphene.
“Intussen kry ons nie die afskrifte van die ‘besluite’ vanaf die munisipale bestuurder nie,” sê Van der Merwe, “ten spyte van ons reg daarop kragtens die Raad se orde-reglemente”. By Gazette se ter perse gaan het raadslede steeds gewag.
Die munisipale bestuurder het teen druktyd ook nog nie kommentaar op Gazette se navrae gelewer nie.

Related Articles

Back to top button