NewsNews

Een ernstig beseer in botsing op R59

    Een persoon is gistermiddag (17 Oktober) ernstig beseer in ‘n botsing op die R59 naby Vereeniging se Boy Louw-afrit. Verkeer is vir ‘n geruime tyd ontwrig terwyl gereed gemaak is vir die helikopter om te land. Die ongeluk het gebeur nadat ‘n busbestuurder glo beheer oor sy voertuig verloor en heen-en-weer oor albei …

 

 

Een persoon is gistermiddag (17 Oktober) ernstig beseer in ‘n botsing op die R59 naby Vereeniging se Boy Louw-afrit. Verkeer is vir ‘n geruime tyd ontwrig terwyl gereed gemaak is vir die helikopter om te land.

Die ongeluk het gebeur nadat ‘n busbestuurder glo beheer oor sy voertuig verloor en heen-en-weer oor albei bane van die R59 gery het. In die proses het ‘n bakkie en ‘n trok met hul sye teen mekaar gebots.

Foto’s: Chris Smuts & Rudy Francis

Related Articles

Back to top button