NewsNews

Vuil, vuiler… Vaalrivier

VEREENIGING. – Die vraag op almal se lippe is, hoe veilig is die water in ons riviere? Kort-kort hoor jy van riool wat in die riviere instroom en dat die teenwoordigheid van E.coli-eenhede meer en meer word. Vaalrivier Die omgewingsorganisasie Save the Vaal Environment (SAVE) meen die regering moet antwoord op die probleem van die …

Vaalrivier

Die omgewingsorganisasie Save the Vaal Environment (SAVE) meen die regering moet antwoord op die probleem van die ergste rioolbesoedeling in die Vaalrivier tot nog toe.

SAVE se visevoorsitter, Maureen Stewart, meen daar moet druk op Rand Water, die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit en die departement van water en sanitasie geplaas word om te sê wat gedoen word om te keer dat miljoene liter rioolvuil in die Vaalrivier inloop.
Die departement van water en sanitasie se jongste verslag oor die toestand van die Vaalrivier toon daar is onlangs 435 000 eenhede E.coli per 100 ml water in die Rietspruit gemeet, waar dit in die Vaalrivier by die Loch aansluit.
Die departement waarsku op sy webblad dat wanneer 400 eenhede E.coli per 100 ml water in ’n rivier, spruit of dam gemeet word, dit gevaarlik is vir mense se gesondheid. Stewart sê die laaste twee weke se E.coli-tellings is die hoogste in die geskiedenis. Volgens Stewart is daar nog ’n brandpunt in die Vaalrivier, stroomop van die Lochvaal-pompstasies by Drie Riviere in Vereeniging, wat kort-kort breek en onverwerkte rioolvuil wat deur die Kliprivier direk in die Vaalrivier vloei. Die situasie by die Kliprivier lyk egter nie veel beter met die riool wat daar in die rivier inloop nie.

Die besoedelde water wat in die Kliprivier inloop.

Related Articles

Back to top button