NewsNews

Transnet-pensionarisse trek saam

Honderde ontstelde Transnet-pensioenarisse het gisteroggend (12 Oktober) op Kerkplein in Pretoria bymekaargekom om meer uit te vind van hul hofsaak teen Transnet en om te hoor wat die parlement doen om hul haglike finansiële situasie te verbeter.   Adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter en parlementêre woordvoerder oor vervoer, het die mense toegespreek en gesê dit …

Honderde ontstelde Transnet-pensioenarisse het gisteroggend (12 Oktober) op Kerkplein in Pretoria bymekaargekom om meer uit te vind van hul hofsaak teen Transnet en om te hoor wat die parlement doen om hul haglike finansiële situasie te verbeter.

 

Adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter en parlementêre woordvoerder oor vervoer, het die mense toegespreek en gesê dit is duidelik dat nie Transnet of die regering enige simpatie met die pensioenarisse het nie, nieteenstaande tekens van ʼn skikkingsooreenkoms.

 

Hy het gesê ʼn verdere skok is die Gupta-konneksie in die stroping van die pensioenarise se fondse.

 

“Gegewe dié nuwe feite en pensioenarisse wat ouer word, is daar genoeg rede om die saak dringend af te handel. Protesoptrede moet uitgebrei word en druk moet toegepas word totdat Transnet aan bejaardes se eise gehoor gee.

 

“Al wat hulle vra, is om hul regmatige deel te kry. Pensioenarisse sal van nou af nie meer gesigloos en magteloos wees nie en sal organiseer om ʼn groot en harde stem te word. Hierdie stryd het pas begin,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

Related Articles

Back to top button