NewsNews

Sentrum-inwoners reik uit na skool met Projek Thusanang Helpmekaar

Die Thusanang Helpmekaar-projek skop hierdie komende week af by die Chris van Niekerk skool in Vredefort. Die projek behels dat die skool se badkamers onder hande geneem gaan word en gaan inwoners van Epilepsie Suid-Afrika se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys by die projek betrek word. Só sal hierdie inwoners ook op hul unieke manier teruggee aan …

Die Thusanang Helpmekaar-projek skop hierdie komende week af by die Chris van Niekerk skool in Vredefort.
Die projek behels dat die skool se badkamers onder hande geneem gaan word en gaan inwoners van Epilepsie Suid-Afrika se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys by die projek betrek word.
Só sal hierdie inwoners ook op hul unieke manier teruggee aan die gemeenskap wat hulle en die sentrum ondersteun.
Inwoners sal as deel van die projek, saam met ’n  groep leerlinge van die skool, die maatskapliker werker student wat tans haar internskap by Epilepsie SA doen, help met verfwerk en ander fisiese takies wat by die projek ingesluit is.
’n  Eenvoudige daad van vriendelikheid kan ’n wêreld se verskil maak.
Of jy ’n  individu is, maatskappy of besigheid, jy kan die projek ondersteun met van die noodsaaklike materiaal wat nodig is vir hierdie gemeenskapsprojek.
As jy kan help met badkamerverf, sementvloerverf, verdunner, verfgereedskap en toerusting, skuurpapier, maskeerband, “woodfiller” of pollifilla wat jy wil skenk, skakel die sentrum by (056) 811 5959.
Enige hulp is welkom.
Saam kan daar ook op hierdie manier ’n  groot verskil gemaak word in die lewens van ander.

Related Articles

Back to top button