NewsNews

Dorp hou weer veteraan motor en doef-doef skou

Ná ’n  lang droogte van motor en enjin dae, is daar die afgelope naweek weer by Total Parys bymekaar gekom om motors en enjins te skou. Sowat drie maande gelede het Barney van Heerden saam met Reinier van Rooyen, Kobus de Klerk en Pierre Boulogne begin beplan aan die skou vir Parysenaars en besoekers aan …

Ná ’n  lang droogte van motor en enjin dae, is daar die afgelope naweek weer by Total Parys bymekaar gekom om motors en enjins te skou.
Sowat drie maande gelede het Barney van Heerden saam met Reinier van Rooyen, Kobus de Klerk en Pierre Boulogne begin beplan aan die skou vir Parysenaars en besoekers aan die dorp. Planne het vlot verloop en Saterdag was die motors netjies op die bufferstrook reg voor Total Parys geparkeer. Die uitstalling het groot belangstelling gelok van selfs vragmotorbestuurders wat verby gery het, en die koppe gedraai het om die veterane te bekyk.
Hulle het die eienaars van die motors met luide toeter geblaas gegroet.Barney is self ʼn kranige versamelaar van Datsun motors en van hulle was ook geskou. Die vier pragtige Vollas van Chris en Marius Fourie het die oog dadelik gevang. Pa en seun het lank gewerk en gerestoureer om uiteindelik die vier motortjies te kon skou. Die seldsame 1936 Citroën Light Fifteen van Kobus de Klerk was self baie gewild. Daar is net 120 regterhand stuur van dié motors in Frankryk vervaardig, en van hulle is na Suid-Afrika uitgevoer.
Die ou dame van Parys, die 1931 Austin Seven van Pierre Boulogne, het haar plek ewe stemmig ingeneem. Hierdie keer was daar ʼn metgesel vir haar – ʼn 1933 Austin Ruby hardekap van Hennie van der Merwe. Dit was haar eerste buiging in Parys.
Die ou plaasenjins (doef-doefs) het veral belangstelling van die boere gekry. Van die jonger geslag het ook vir die eerste keer daarmee kennis gemaak.
Dankie aan Barney vir die gedagte om weer ʼn motor- en enjin skou aan te bied. Daar word nou beoog om meer sulke skoue hier te hou.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button