NewsNews

Jong man sterf ná bakkie rol

  ‘n Man, vermoedelik in sy laat twintigs, het laat Maandagmiddag, 9 Oktober, gesterf toe hy uit sy bakkie geslinger is nadat dit by die Schoemansdrifweg, sowat 15 km buite Potchefstroom, van die pad geloop en gerol het. Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het paramedici van dié ambulansdiens, tesame met die provinsiale brandweerdienste met …

 

‘n Man, vermoedelik in sy laat twintigs, het laat Maandagmiddag, 9 Oktober, gesterf toe hy uit sy bakkie geslinger is nadat dit by die Schoemansdrifweg, sowat 15 km buite Potchefstroom, van die pad geloop en gerol het. Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het paramedici van dié ambulansdiens, tesame met die provinsiale brandweerdienste met hul aankoms op die toneel gevind dat die bakkie sowat 100 meter van die pad af op sy dak gelê het. Die bestuurder van die bakkie het verskeie beserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar. Die polisie was op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.

Related Articles

Back to top button