News

Talentvolle danser, sanger of akteur – hier is jou kans

As jy kan dans, sing of toneel speel moet jy seker maak jy skryf in vir vanjaar se Dome talent kompetisie, aangebied deur Dome-Talent@Parys. Die kompetisie sal oudergewoonte aangebied word tydens die dorp se jaarlikse Dome fees op Vrydag 4 November tussen 12:00 en 14:00 by die AfriDome in Parys. Inskrywings sluit op 1 November …

As jy kan dans, sing of toneel speel moet jy seker maak jy skryf in vir vanjaar se Dome talent kompetisie, aangebied deur Dome-Talent@Parys.
Die kompetisie sal oudergewoonte aangebied word tydens die dorp se jaarlikse Dome fees op Vrydag 4 November tussen 12:00 en 14:00 by die AfriDome in Parys.
Inskrywings sluit op 1 November en alle inskrywingsvorms en gelde moet by die Parys Info-kantoor in Waterstraat ingehandig word. Vanjaar is inskrywingsgelde halfprys teenoor verlede jaar en betaal deelnemende kinders slegs R20 en deelnemende volwassenes slegs R30.
Nie deelnemende kinders sal R60 toegang betaal, en nie-deelnemende volwassenes R120. Die kategorieë waarvoor ingeskryf kan word is Petite 3-6 jaar, Juniors 7-10 jaar, Tieners 11-14 jaar, Seniors 15-18 jaar en ’n  Ope-afdeling vir deelnemers 18 jaar en ouer.
Toegangsbandjies vir deelnemers moet voor of op 1 November by die Info-kantoor afgehaal word. Laat inskrywings sal steeds die volle toegangsfooi moet betaal.
Deelnemers sal die dag van deelname om 11:30 by die beoordelaarstafel moet aanmeld. Vir die Vokale-afdeling mag geen Karaoke-musiek gebruik word nie. Daar mag ook nie saam met ’n  oorspronklike cd gesing word nie, en eie agtergrond stemme word ook nie toegelaat nie.
Die begeleidingsnit mag nie twee minute (120 sekondes) oorskry nie.
Geen drank, vuil taal of vulgêre bewegings mag gebruik word nie en alle musiek moet op ’n  CD wees as WMA of MP3. CD’s moet duidelik gemerk wees, en bring ’n ekstra CD saam vir jou optrede.
Die beoordelaars se beslissing is finaal.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button