NewsNews

Aardklop wag nog vir munisipaliteit se bydrae

Die JB Marks munisipaliteit waarvan Potchefstroom deel vorm het tot dusvêr glo nie ʼn ooreenkoms om ʼn bydrae tot Aardklop te maak nagekom nie. Die JB Marks munisipaliteit waarvan Potchefstroom deel vorm het tot dusvêr glo nie ʼn ooreenkoms om ʼn bydrae tot Aardklop te maak nagekom nie. Volgens Hans Jurie Moolman, DA koukusvoorsitter, is …

Die JB Marks munisipaliteit waarvan Potchefstroom deel vorm het tot dusvêr glo nie ʼn ooreenkoms om ʼn bydrae tot Aardklop te maak nagekom nie.

Volgens Hans Jurie Moolman, DA koukusvoorsitter, is dit onaanvaarbaar dat die munisipaliteit komplementêre kaartjies aan politieke partye uitdeel, sonder dat hulle hul verbintenis tot die fees nagekom het nie.

“Die DA sal die fees heelhartig ondersteun, maar ons sal nie van hierdie komplementêre kaartjies gebruik maak nie. Die DA beskou die gebruik van die kaartjies as ‘n misbruikmaking van die gasvryheid van die Aardklop-komitee en ons moedig ander politieke partye, insluitend die ANC, aan om die DA hierin na te volg,” het Moolman gesê.

Die DA sê in  ʼn verklaring dat Aardklop verantwoordelik is vir miljoene rand wat in ons omgewing bestee word.

“Besighede wat gewoonlik tydens universiteitsvakansies swaarkry, gryp die geleentheid om hul omset te verhoog en addisionele werksgeleenthede te skep oor die tydperk van die fees,” het Moolman gesê.

“Die DA kry skaam vir ons raad en die raadslede wat bewus is van die bydrae wat nog nie gegee is nie, maar  steeds die komplimentêre kaartjies gebruik.

“Ons sal steeds die fees bywoon en ondersteun, maar self betaal vir ons ingang. Ons bedank Aardklop vir nog ‘n suksesvolle fees waardeur ons ekonomie versterk word, addisionele werksgeleenthede geskep word en om Potchefstroom te help groei,” lui die verklaring.

Related Articles

Back to top button