R59-sloot – waar was die polisie?
MEYERTON. – Inwoners van die Vaaldriehoek het met skok reageer toe foto’s, waar ‘n sloot oor die R59 gegrawe is, soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei het. Die sloot op die R59 Een van die vrae wat gevra word is: Waar was die polisie? Volgens konst. Maria Letsele, woordvoerder vir die Meyerton SAPD, was …
Een van die vrae wat gevra word is: Waar was die polisie?
Volgens konst. Maria Letsele, woordvoerder vir die Meyerton SAPD, was die situasie onder die inwoners van Sicelo op daardie dag (27 September) rustig en was daar geen rede tot kommer nie.
Inwoners van Sicelo, wat ongelukkig is dat die behuisings-projek in die gebied so sloer en eerder wil hê dat die grond tussen hulle onder verdeel moet word, het die sloot op die R59 gegrawe en sal die pad nou vir ‘n geruime tyd gesluit wees.
Die verkeer in Meyerton is egter ‘n groot kopseer en wanneer dit spitsverkeer is, moet verkeersbeamptes inspring om die verkeer te laat vloei, veral by die Johan le Roux-afrit.
Volgens konst. Letsele sal ‘n vergadering met alle aandeelhouers gehou word om die pad vorentoe te bespreek.
Midvaal Munisipaliteit is nie verantwoordelik vir herstelwerk op die R59 en ook nie om behuising te voorsien aan inwoners nie. Beide bogenoemde val onder die provinsiale- en nasionale regering.