NewsNews

Verkeerskantore beroof

Vier gewapende mans het die provinsiale verkeerskantore in Parys se nywerheidsgebied Sondagoggend in die vroeë oggendure beroof. Die mans het net na 01:00 die oggend toegang tot die perseel verkry deur ’n gat in die draad te knip. Twee van die mans het toe die sekuriteitswag oorval en hom na ’n sydeur van die gebou …

Vier gewapende mans het die provinsiale verkeerskantore in Parys se nywerheidsgebied Sondagoggend in die vroeë oggendure beroof. Die mans het net na 01:00 die oggend toegang tot die perseel verkry deur ’n gat in die draad te knip.
Twee van die mans het toe die sekuriteitswag oorval en hom na ’n sydeur van die gebou geneem waar sy hande met kabelbinders vasgebind is.
Nog twee mans was toe reeds besig om die sydeur oop te breek. In die gebou self is daar gepoog om toegang tot die hoofkluis te kry en is ’n lugversorger in een van die kantore ook van die muur afgeruk, maar nie gesteel nie.
Die polisie was teen Maandag nog besig met die  ondersoek, maar daar is reeds vasgestel dat ’n  rekenaarhardeskyf gesteel is.
Die sekuriteitswag kon nadat die mans van die perseel weg is, daarin slaag om verbygangers se aandag te trek en hulp te ontbied. Die mans is nog op vrye voet. Enigeen wat inligting het oor die voorval, word gevra om speur adjudant-offisier Gert Bruwer by 082 466 8094 te kontak.
* In nog ’n voorval Maandag is verskeie items tydens ’n huisroof in Readingstraat gesteel.
Twee mans het, nadat die huiseienaars gery het, die huishulp wat besig was om skoon te maak, in die hoofslaapkamer oorval. Haar hande en voete is met ’n gordel vasgebind.
Die mans het haar selfoon, nog ’n selfoon, juweliersware, ‘n plasma TV en skootrekenaar gesteel en daarna gevlug. Die huishulp is nie beseer nie.
* Die afgelope naweek is daar ook twee voertuie in die dorp gesteel – ’n  Opel Corsa Vrydag in Waterstraat, en ’n  Hilux bakkie Saterdag in die onderdak parkering by Checkers.

Related Articles

Back to top button