NewsNews

Studente in hof na padwoede voorval

Twee studente is in hegtenis geneem nadat die bestuurder van ‘n minibus tydens ’n beweerde padwoede voorval vermoedelik ook aangerand is. Illustration photo Twee studente is in hegtenis geneem nadat die bestuurder van ‘n minibus tydens ’n beweerde padwoede voorval vermoedelik ook aangerand is. Die man was Maandag 19 September omstreeks 15:45 op pad om …

police,saps

Illustration photo

Twee studente is in hegtenis geneem nadat die bestuurder van ‘n minibus tydens ’n beweerde padwoede voorval vermoedelik ook aangerand is.
Die man was Maandag 19 September omstreeks 15:45 op pad om mense af te laai om ’n krieketwedstryd by te woon, toe ’n voertuig in MC Rooderylaan voor hom ingery het.
Hy het glo langs die voertuig ingetrek en vir die twee mans gevra wat doen hulle. Een van die mans het glo vir hom middelvinger gewys.
Die man het toe verder gery, waarna dieselfde voertuig weer voor hom ingery en hom van die pad gedwing het.
Twee mans het uitgeklim en een wou die sleutels van die bussie gryp.
Een van hulle het die bestuurder na bewering met die vuis deur die ruit geslaan. Die bestuurder het ’n krieketkolf gegryp toe die mans probeer het om die deur oop te maak. Die deur was gesluit, waarna hulle glo duike in die deur geskop, hom gevloek en weggery het. Skade ten bedrae van sowat R20 000 is aan die minibus aangerig.
Kort na die voorval aangemeld is, het die bestuurder die twee mans aan die polisie uitgewys en is hulle in hegtenis geneem.
Hulle het Donderdag 21 September vlugtig in die landdroshof in die stad verskyn, waarna die saak tot 26 Oktober uitgestel is vir verdere ondersoek.
Eldrick Jordaan en Heinrich Siepker (albei 21) is onderskeidelik op borgtog van R5 000 en R2 000 vrygelaat.
Jordaan was as minderjarige glo ook betrokke by geweldsmisdaad wat destyds deur middel van mediasie afgehandel is.
Beide Jordaan en Siepker kan van aanranding met die opset om ernstig te beseer, opsetlike saakbeskadiging, roekelose bestuur en crimen injuria aangekla word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button