NewsNews

“MY PA” by vanjaar se Aardklop Nasionale Kunstefees

  Lefra Produksies se splinternuwe eenmanvertoning, “MY PA”, met bekende akteur, Cobus Venter, debuteer by vanjaar se AARDKLOP NASIONALE KUNSTEFEES in Potchefstroom  Hierdie splinternuwe en oorspronklike teks is deur Suid-Afrika se eie klugkoning, Frans Swart geskryf.  Swart hanteer ook die regie.  Die produksie het ‘n ouerbegeleiding vir taal.  “MY PA” speel by die Lefra Stadsaal …

 

Lefra Produksies se splinternuwe eenmanvertoning, “MY PA”, met bekende akteur, Cobus Venter, debuteer by vanjaar se AARDKLOP NASIONALE KUNSTEFEES in Potchefstroom  Hierdie splinternuwe en oorspronklike teks is deur Suid-Afrika se eie klugkoning, Frans Swart geskryf.  Swart hanteer ook die regie.  Die produksie het ‘n ouerbegeleiding vir taal.  “MY PA” speel by die Lefra Stadsaal @ Aardklop op Woensdag, 4 Oktober 2017 om 09:00 en op Donderdag, 5 Oktober 2017 om 15:00.  Besprekings kan gedoen word by Computicket 0861 915 8000 of by www.computicket.com  Meer inligting by www.lefra.com     “MY PA”  word aangebied met die vriendelike samewerking van Aardklop,  Stuttaford van Lines, RSG en Sounds Good.

 

Gert Struwig, gespeel deur die briljante Cobus Venter, is ‘n rêrige-êrige Bloubul.  Hy is beslis nie ‘n metroman nie.  Naas die Bybel, is rugby sy grootste aanwyser.  Hy beplan sy braais, sy gesin, sy partytjies en sy gesin se aktiwiteite rondom rugby.  Sy lewe draai om rugby.  Sy helde is rugbyspelers.  Sy bestaan is rugby. ‘n Eg tipiese Suid-Afrikaanse man! Maar dan gebeur die lewe en Gert se bestaan word dramaties verander met sy eie vraag: “Is ek my seun se held?” 

   

Frans Swart, skrywer en regisseur van “MY PA” sê dat alle Pa’s hulle seuns se helde wil wees.  “Maar ons Pa’s doen nie altyd die regte goed op die regte tyd nie.  Ons probeer ook partykeer te hard.  En dan twyfel ons ook in ons vermoë om ‘n goeie pa vir ons seuns te wees.  Dit voel amper die meeste van die tyd asof ons voete van klei het.  ‘n Seun wil maar net ‘n Pa hê wat omgee.  Soos ons almal weet, is daar geen handleiding om kinders … veral seuns … groot te maak nie.  Dis die essensie van “MY PA”.  Gert wil die ideale Pa vir sy seuntjie wees en hy smag daarna om sy seuntjie se held te wees.  Ongelukkig stel die seuntjie meer belang in Playstation, sy nuwe selfoon en sy maats as in sy Pa se strewe om die ideale PA te wees.”  

 

Swart sê dat hy ‘n robuuste spel soos rugby gebruik as metafoor te gebruik om die vraag te beantwoord: “Is ek my seuntjie se held?” sê Swart.  “Die stuk het aanvanklik sy ontstaan gehad as GROET DIE GROTHELD, maar ons het baie vinnig besef dat hierdie stuk op sy eie bene moet staan en nie in die Grot-mileu aangebied word nie.  Ek het weer gaan werk aan die teks en is nou tevrede dat dit aangebied word as MY PA.”

 

Oor die laaste vyftien jaar trap Cobus Venter diep spore as sanger en akteur met hoofrolle in musiekblyspele soos My Fair Lady, Fiddler On The Roof, Dis Hoe Dit Was, Ons Vir Jou, Shaka Zulu, Jock of the Bushveld, Tree Aan!, Ester Die Musical, Cinderella, Jesus Die Musiekblyspel en Droomkind.  In 2010 word hy twee keer genomineer vir ’n Mercury Durban Theatre toekenning – as Don Quixote in Man of La Mancha en as Freddy Einsford-Hill in My Fair Lady – wat hy wen vir sy vertolking van Freddy.  Cobus maak ook sy merk op die dramaverhoog in produksies soos Siener In Die Suburbs (KKNK 2002), Swaelduif (KKNK 2003) en Full Circle in 2006.  As iemand wat daarvan hou om mense te laat lag wys hy ook sy slag in klugte: Knypie Op Die Kant en Knypie 2: ’n Dubbeldosis.  Sy hoogtepunte as klassieke tenoor sluit in: die Afrikaanse Oratorium, Die Skepping en die rol van posmeester Smit in die nuwe Afrikaanse opera, Poskantoor, wat onlangs as beste produksie by Aardklop 2014 bekroon is.  Hy het die rol van Tom Koekemoer vertolk in verlede jaar se My Boetie se Boetie se Boetie se Baba en was verlede jaar te sien in die hoofrol in Daa’ Gaat die Bruid! onder regie van Frans Swart.  Cobus speel tans ook in die sepie, BINNELANDERS.

 

Frans Swart, skrywer en regisseur van “MY PA” het die regie van verskeie suksesvolle klugte en toneelstukke hanteer soos My Vrou se Man se Vrou, My Vrou se Man se Lyk se Tas, My Boetie se Sussie se Ou, My Boetie se Boetie se Boetie se Baba, Daa’ Gaat die Bruid!, My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou en Liewe Heksie.  Swart is ook die organiseerder van die baie suksesvolle Oppiwater Kunstefees en hanteer ook die regie van die kykNET NOU! program. REVUE!

 

Kom kyk “MY PA” by die Lefra Stadsaal @ Aardklop op 4 en 5 Oktober 2017.  Besprekings by Computicket 0861 915 8000 of www.computicket.com  Meer inligting by www.lefra.com of epos aan admin@lefra.com

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button