NewsNews

Proteas moet vandag teen Bangladesj hulle vuurkrag wys

Die Proteas slaan vandag (Donderdag, 28 September) hulle 2017/18 krieketseisoen met ‘n nuwe blaadjie om teen Bangladesj in die eerste toetswedstryd tussen dié twee nasies op Senwespark in Potchefstroom. Vir die eerste keer in 15 jaar sal die Suid-Afrikaanse toetsspan op Noordwes Krieket se puik ingerigte veld te sien wees en onder nuwe hoofafrigter, Ottis… …

SA paaltjiewagter, Quinton de Kock sal 'n groot rol in die toets speel.

SA paaltjiewagter, Quinton de Kock sal ‘n groot rol in die toets speel.

Die Proteas slaan vandag (Donderdag, 28 September) hulle 2017/18 krieketseisoen met ‘n nuwe blaadjie om teen Bangladesj in die eerste toetswedstryd tussen dié twee nasies op Senwespark in Potchefstroom.

Vir die eerste keer in 15 jaar sal die Suid-Afrikaanse toetsspan op Noordwes Krieket se puik ingerigte veld te sien wees en onder nuwe hoofafrigter, Ottis Gibson, sal hulle vroeg hulle stempel op die Tiere van Bangladesj wil afdruk.

Nog ‘n nuutjie in dié Proteas-span buiten hulle nuwe hoofafrigter is die insluiting van Aiden Markram as aanvangskolwer saam met die ervare Dean Elgar. Elgar het die afgelope tyd die kolfbeurt met Stephen Cook en Heino Kuhn sonder sukses geopen en Markram mag dalk net die antwoord wees.

Teen Bangladesj het hy die geleentheid om homself in te speel en sy selfvertroue op te bou sodat hy ‘n onmisbare deel van die toetsspan kan wees. Indien hy op alle silinders vuur, sal hy verseker die keurders se hoofpyne laat bedaar.

Proteas kaptein Faf du Plessis tydens ‘n oefensessie hierdie week

Faf du Plessis in ‘n geselige bui voor vandag se toets teen Bangladesj.

“Daar is al baie goeie dinge oor Aiden se kwaliteit met die kolf gesê. Dit sal belangrik vir hom wees om op sy spel te fokus en die geleentheid aan te gryp,” het Proteas kaptein, Faf du Plessis, by gister (Woensdag) se perskonferensie gesê.

Volgens Du Plessis is dit ook noodsaaklik dat die top ses kolwers in hierdie toets hulle hande moet opsteek met groot beurte.

“Die kondisies gaan ons pas en op ’n goeie kolfblad sal ons moet lopies kry. Dit was goed om te sien dat die senior kolwers goeie beurte in die onlangse Sunfoil Vierdagreeks gespeel het.”

Bangladesj kan ook nie onderskat word nie en hulle draaiers, onder andere Taijul Islam en Mahmudullah, kan probleme vir Suid-Afrika veroorsaak.

“Bangladesj se krieket het die afgelope twee jaar baie verbeter en ons sal hulle nie onderskat nie. Dit is ’n  groot geleentheid vir Bangladesj om naam te maak, maar ons kolfblaaie gaan ’n groot toets vir hulle wees,” het Du Plessis beklemtoon.

Dit sal interessant wees om te sien hoe hul snelboulers, Taskin Ahmed en Mustafizur Rahman die wip van Senwespark se blaaie geniet.

Een bouler wat beslis die wip en swaai sal geniet, is SA snelbouler, Kagiso Rabada wat daarop uit is om weer voor sy tuisskare sy staal te wys.

“My persoonlike doelwitte is om elke wedstryd te verbeter. Ek glo ook die span is gereed om ‘n nuwe vars begin te maak,” het hy genoem.

Dié toetswedstryd begin vandag om 10:00 en hou tot Maandag 2 Oktober aan. Kaartjies is beskikbaar op www.ticketpros.co.za.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button