NewsNews

Oudit kan help om mites rondom grondbesit uit die weg te ruim

Die lang verwagte ouditverslag oor grond in Suid-Afrika kan hopelik binnekort help om mites rondom grondbesit uit die weg te ruim wat tans deur politici vir skadelike retoriek misbruik word, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Pus.   Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, het in antwoord op ʼn geskrewe …

Die lang verwagte ouditverslag oor grond in Suid-Afrika kan hopelik binnekort help om mites rondom grondbesit uit die weg te ruim wat tans deur politici vir skadelike retoriek misbruik word, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Pus.

 

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, het in antwoord op ʼn geskrewe parlementêre vraag van dr. Groenewald geantwoord dat die tweede fase van dié grondoudit teen einde Oktober vanjaar beskikbaar gestel sal word. (Vraag en antwoord hierby aangeheg).

 

Die oudit was reeds by die kabinet en luidens die minister se antwoord is dit in Junie vanjaar terugverwys sodat die departement finale aanbevelings kan maak.

 

Dr. Groenewald sê daar word al lank na die verslag uitgesien aangesien dit sal aandui watter persentasie van grond in Suid-Afrika besit word deur wit, swart, bruin en Indiërs. Selfs die persentasie wat deur buitelanders besit word, sal aangedui word.

 

“Die verslag is noodsaaklik veral om die retoriek wat deur die politici gebruik word dat wittes 80% van die land se grond besit terwyl reeds aangetoon is dat die staat 14% besit, die nek ingeslaan word.

 

“Die VF Plus hoop dat die verslag deeglik en akkuraat sal wees sodat skadelike populêre politieke uitsprake gestaak kan word en dat daar op behoorlike feite wat grondhervorming aanbetref, gereageer word,” sê dr. Groenewald.

 

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button