NewsNews

Dit blom by Dome Primary

Klaar tuis op hul nuwe skoolterrein, en al is daar nog nie sportgronde of tuin gemaak nie, blom dit by die Dome Primary School. Die  skool se 70 leerlinge het op lentedag papierblomme gemaak wat teen die klaskamerdeure opgesit is, terwyl die onderwysers  ingespring het om plastiese blomme te maak vir die mobiele klaskamermure. Op …

Klaar tuis op hul nuwe skoolterrein, en al is daar nog nie sportgronde of tuin gemaak nie, blom dit by die Dome Primary School. Die  skool se 70 leerlinge het op lentedag papierblomme gemaak wat teen die klaskamerdeure opgesit is, terwyl die onderwysers  ingespring het om plastiese blomme te maak vir die mobiele klaskamermure. Op die speelterrein is ou motorbande wat in kleurryke blombakke omskep is. En met die Free State/Madeira Flower Festival wat van 29 November tot 3 Desember in Parys gehou word, is hierdie ’n sprekende voorbeeld van wat gedoen kan word om die dorp vir sy inwoners en toeriste te laat blom. Op die foto is Kgotsofalo Motsapi, Christopher Nyamudzanga, Phunyeletso Seforo en Kamohelo Ramokonopi.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button