NewsNews

Voëlklub besoek park in Potchefstroom

Feathers Voëlklub wil hierdie maand graag aan werkende mense wat belangstel in ons voëlskat, die geleentheid gee om saam op ’n uitstappie te gaan. Die uitstappie is op Saterdag 23 September na die OPM Prozesky Voëlpark in Potchefstroom. Dit is die eerste keer dat die klub die Voëlpark besoek, maar lede wat reeds daar was, …

Feathers Voëlklub wil hierdie maand graag aan werkende mense wat belangstel in ons voëlskat, die geleentheid gee om saam op ’n uitstappie te gaan.
Die uitstappie is op Saterdag 23 September na die OPM Prozesky
Voëlpark in Potchefstroom. Dit is die eerste keer dat die klub die Voëlpark besoek, maar lede wat reeds daar was, het bevestig dat dit  beslis die moeite werd is.
Belangstellendes ontmoet om 06:30 op die PnP-parkeerterrein in Parys. Bring verkykers, hoede, stoele en piekniekmandjies saam en moenie die goggaroom vergeet nie!
Die klub se volgende byeenkoms is op Donderdag 21 September om 18:30 in die Sally Martin Park saal. Jan Fourie sal aan die woord wees en van sy foto’s wys. Die onderwerpe is ’n verrassing. Kom kuier gerus saam en hoor wat hy vertel.
Skakel Hansie Bekker by (056) 811 4754 of 082 820 4306, of Peter Killian by (056) 817 6031 of 083 625 8100 as jy navrae het oor die klub, byeenkomste en uitstappies.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button