NewsNews

Gholfdag ten bate van Adam en Bertus

Ondersteun gerus dié verdienstelike saak Adam Barnard, hier saam met sy ma, Christie, wat vroeër vanjaar tragies in ‘n motorbotsing tussen Sasolburg en Parys gesterf het. PARYS. – ‘n Gholfdag word op Vrydag 6 Oktober by die Parys Golf & Country Estate in Parys aangebied ten bate van Adam Barnard van die Romanz-sanggroep, vir sy …

Adam Barnard, hier saam met sy ma, Christie, wat vroeër vanjaar tragies in ‘n motorbotsing tussen Sasolburg en Parys gesterf het.
PARYS. – ‘n Gholfdag word op Vrydag 6 Oktober by die Parys Golf & Country Estate in Parys aangebied ten bate van Adam Barnard van die Romanz-sanggroep, vir sy mediese uitgawes ten opsigte van dialise en ‘n nieroorplanting.

Die insameling is ook ten bate van Bertus van der Walt, ‘n terminale kankerlyer wat blind is as gevolg van melanomae op sy brein. Bertus is reeds permanent bedlêend. Adam woon in Parys en is die ambassadeur van die Parys Gholfklub.

Die gemeenskap kan op die volgende wyse betrokke raak by die inisiatief:

* Skryf individueel of per span in

* Maak ‘n kontant bydrae

* Adverteer u besigheid / produkte deur ‘n putjie te borg ( R1 000 per putjie)

* Skenk pryse vir die dag

* ‘n Kombinasie van bogenoemde

Die spelersfooi beloop R500 per speler (R 2000 per span van 4 spelers) en sluit 18 putjies gholf, ‘n gholfkarretjie asook ‘n aandete tydens die prysuitdeling in.

Die formaat van die kompetisie is ‘n individuele Stablefordkompetisie (IPS). Mans met geen amptelike voorgee sal van ‘n 18 voorgee mag speel en dames van 24. Spelers met ‘n amptelike voorgee by amptelike klubs, speel vanaf hulle amptelike voorgee. Daar sal ook naaste aan die pen pryse en gelukkige prystrekkings wees.Vir enige navrae kontak Neels Nel – 082 8054 335 of e-pos neels.nel0810@gmail.com.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button