NewsNews

BONUS PRODUKSIES EN VENUE VIR AARDKLOP!

  Verkope by vanjaar se AARDKLOP KUNSTEFEES op Potchefstroom van 3-8 Oktober 2017 vorder fluks.  Aardklop het so pas aangekondig dat daar sopas ‘n ekstra venue geskep is wat vyf ekstra top produksies AARDKLOP toe gaan bring gaan sodoende vir feesgangers nog n groter verskeidenheid van Produksies, om van te kies, te bied.   om vir …

 

Verkope by vanjaar se AARDKLOP KUNSTEFEES op Potchefstroom van 3-8 Oktober 2017 vorder fluks.  Aardklop het so pas aangekondig dat daar sopas ‘n ekstra venue geskep is wat vyf ekstra top produksies AARDKLOP toe gaan bring gaan sodoende vir feesgangers nog n groter verskeidenheid van Produksies, om van te kies, te bied.   om vir Feesgangers nog ‘n groter verskeidenheid van produksies aan te bied.  Daar is besluit om die ou Potchestroom Stadsaal op die hoek van Walter Sisulu- en Govan Mbekistrate as ekstra “venue” te gebruik.  Feesgangers wat al jare Aardklop bywoon, sal baie goeie herinneringe van die Stadsaal hê.”

 

Die ekstra produksies waarna Feesgangers kan uitsien, is:

  • FIELA SE KIND
  • MY MAN SE SKELMPIE SE SKELMPIE SE VROU
  • AS DROME VLERKE KRY
  • ONTBLOOT
  • MY PA

 

Hierdie Produksies kan nie op die gedrukte program gelys kan wees nie, maar kaartjies sal wel op die Computicket platform te koop wees.  Alle besprekings kan gedoen word by Computicket 0861 915 8000 of by www.computicket.com Groepe van meer as 10, kry lekker afslag.  Skakel Monica by (011) 815 3000 of besoek www.lefra.com

 

Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra Produksies, sê dis vir Lefra werklik ‘n voorreg om hierdie top produksies AARDKLOP toe te bring!  “Ons produksies speel reeds die afelope agtien jaar voor vol teaters by AARDKLOP.  Juis daarom is dit vanjaar so lekker om terug te wees by AARDKLOP met ‘n eie “venue”.   Aangesien Lefra reeds oor die jare sy eie toerusting bymekaar gemaak het, is dit vir ons net ‘n voorreg om van die ou Stadsaal ‘n teater te maak.  Ons glo ook dat produksies soos FIELA SE KIND, MY MAN SE SKELMPIE SE SKELMPIE SE VROU en ons ander produksies baie waarde sal toevoeg tot AARDKLOP.  FIELA SE KIND en SKEMPIE verkoop regoor die land uit en dit is werklik trefferproduksies.  Juis daarom is ons baie opgewonde en dankbaar dat ons hierdie produksies AARDKLOP toe kan bring.”

 

Die program vir die LEFRA STADSAAL @ AARDKLOP is as volg:

 

FIELA SE KIND:

  • Dinsdag, 3 Oktober 2017 (19:00-21:30)
  • Woensdag, 4 Oktober 2017 (20:00-22:30)
  • Donderdag, 5 Oktober 2017 (10:00-12:30)
  • Vrydag, 6 Oktober 2017 (13:00-15:30)

 

MY MAN SE SKELMPIE SE SKELMPIE SE VROU

  • Vrydag, 6 Oktober 2017 (20:30-23:00)
  • Saterdag, 7 Oktober 2017 (09:00-11:30)
  • Saterdag, 7 Oktober 2017 (13:00-15:30)
  • Saterdag, 7 Oktober 2017 (17:00-19:30)

 

AS DROME VLERKE KRY

  • Woensdag, 4 Oktober 2017 (14:00-15:30)
  • Donderdag, 5 Oktober 2017 (20:00-21:30)

 

ONTBLOOT

  • Saterdag, 7 Oktober 2017 (21:00-22:30)

 

MY PA

  • Woensdag, 4 Oktober 2017 (09:00-10:30)
  • Donderdag, 5 Oktober 2017 (15:00-16:30)

 

 

Besprekings kan gedoen word by Computicket 0861 915 8000 of by www.computicket.com Meer inligting is beskikbaar by Lefra Produksies by (011) 815 3000, epos aan admin@lefra.com of besoek www.lefra.com

Related Articles

Back to top button