NewsNews

Man verdrink in Vaaldam

‘n Tragiese toneel het Dinsdag afgespeel toe ‘n 28-jarige man van Sasolburg in die Vaaldam verdrink het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die man was glo op ʼn kano besig om vis te vang, sowat 100 m van die damwal af, toe hy ingeval en onder die water verdwyn het. Lambinon …

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die man was glo op ʼn kano besig om vis te vang, sowat 100 m van die damwal af, toe hy ingeval en onder die water verdwyn het.

Lambinon sê vriende van die man, wat glo langs die water gestaan en kyk het, het die nooddienste ontbied.

Hy sê die NSRI se lewensredders kon nie daarin slaag om die man onder die water op te spoor nie, en het die polisie se duikeenheid ontbied. Die man se liggaam is ná etlike probeerslae onder die water uitgehaal.

 

‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word.

Related Articles

Back to top button