NewsNews

Vyf leeus loop nog rond

Die Herald het verlede week berig dat ’n leeu verantwoordelik was vir die vang van ’n kalf op ’n plaas naby die Enselspruit silo’s. Die Herald het verlede week berig dat ’n leeu verantwoordelik was vir die vang van ’n kalf op ’n plaas naby die Enselspruit silo’s. Intussen het dit aan die lig gekom …

Die Herald het verlede week berig dat ’n leeu verantwoordelik was vir die vang van ’n kalf op ’n plaas naby die Enselspruit silo’s.
Intussen het dit aan die lig gekom dat daar in totaal vyf leeus is wat in die area rondbeweeg.
Kapt. Ernst Appels, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie in samewerking met Captured in Africa, na die leeus soek.
“Die area waarin die leeus beweeg is groot en ruig. Ons het ook van verlede Vrydag af nog geen nuwe inligting oor die leeus gekry nie,” het Appels gesê.
Volgens Drew Abrahamson van Captured in Africa blyk dit dat daar een mannetjie en vier wyfies in die area is.
“Hulle kom heel moontlik almal van dieselfde plek af, daarom beweeg hulle saam,” het sy gesê.
Volgens haar is dit moontlik dat die leeus in ‘n onwettige telery gebruik is, omdat niemand nog die leeus opgeëis het nie.
“Dit is onmoontlik om te sê wanneer die leeus gevang kan word, maar sodra hulle gevang is, sal hulle na ’n reservaat geneem word om daar gehuisves te word,” het sy gesê.
Dorah Ramohladi, ’n inwoner van Kokosi, het gesê dat sy nog nie die leeus gesien het nie maar dat sy hulle al hoor brul het.
“Ek vrees vir my lewe omdat ek nie weet waar hulle is nie,” het sy gesê.
Volgens Abrahamson moet mense wat die leeus sien, dadelik die polisie in kennis stel en nie die leeus jaag nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button