NewsNews

Broer en suster se logo-ontwerpe haal finaal vir Marmite SA kompetisie

Eendag in Julie is Jacques Lebrun en sy suster Jeanne-marie winkels toe om Marmite te koop. Min sou hulle kon dink dat ’n  potjie Marmite vir hulle dalk ’n  prys kon wen. By die huis het hulle op die bottel die kompetisie van Marmite SA raakgelees vir ’n nuwe logo-ontwerp vir ’n spesiale beperkte uitgawe. …

Eendag in Julie is Jacques Lebrun en sy suster Jeanne-marie winkels toe om Marmite te koop. Min sou hulle kon dink dat ’n  potjie Marmite vir hulle dalk ’n  prys kon wen.
By die huis het hulle op die bottel die kompetisie van Marmite SA raakgelees vir ’n nuwe logo-ontwerp vir ’n spesiale beperkte uitgawe.
Deelnemers kon inskryf vir’n kinder afdeling, volwasse afdeling sowel as ’n  professionele afdeling.
Tot hulle en ma Winnie se groot verbasing, is albei van hul ontwerpe gekies as finasliste – Jacques, ’n  graad 9 leerling aan Hoërskool Parys se ontwerp is in die kinder afdeling gekies. Jeanne-marie, ’n  eerstejaar LLB-student aan Kovsies, se ontwerp is in die volwasse afdeling as finalis gekies.
Die publiek kan stem vir hul keuse van ontwerp om die wenners te bepaal en die prys is ’n  skootrekenaar.
Die kinder afdeling stemme het reeds gesluit op 10 September. Parysenaars kan egter nog vir Jeanne-marie stem tot 17 September. Dan volg die stemmery vir die professionele kategorie.
Hierna sal elke wenner van elke kategorie bekend gestel word.
Om te stem vir Jeanne-marie kies C by die skakel https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1427140627322898&id=128864610483846

Jacques en Jeanne-marie met hul ontwerpe.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button