NewsNews

SAJWV stig Olienhout-tak

Vuurwapens, jag en hul liefde vir die natuur is die gemeenskaplike doel wat lede van die Suid-Afrikaanse Jag- en Wildvereniging saambind. En nou is hier ook ’n  SAJWV-tak in Parys. Die tak wat bekend sal staan as die Olienhout-tak, is Vrydag amptelik as die 79ste tak van dié organisasie deur André van der Merwe, SAJWV …

Vuurwapens, jag en hul liefde vir die natuur is die gemeenskaplike doel wat lede van die Suid-Afrikaanse Jag- en Wildvereniging saambind.
En nou is hier ook ’n  SAJWV-tak in Parys. Die tak wat bekend sal staan as die Olienhout-tak, is Vrydag amptelik as die 79ste tak van dié organisasie deur André van der Merwe, SAJWV Bestuurder van Tak- en Skietsake, gestig tydens ’n  byeenkoms van lede.
SAJWV het tans     41 500 lede landwyd met 16 300 toegewyde jagters en    8 200 toegewyde sportskuts in die 15 streke.
SAJWV se erekode waarmee jagters en lede van SAJWV hulle verbind om hul vuurwapens met kundigheid en oordeel te gebruik en met eerbied vir die lewe aan te wend, is sprekend ook van die organisasie se visie dat bewaring deur volhoubare benutting gedoen word. Juis daarom beywer SAJWV hom vir verantwoordelike jag en sportskiet, en die beskerming en uitbouing hiervan.
Van der Merwe het gesê dat die toekoms van jag en bewaring in die hande van jagters is, ook vir die toekoms, en dat die bydrae van jag waar dit kom by ekotoerisme soos in die Pilanesberg, nie onderskat moet word nie. Hy het verduidelik watter voordele SAJWV aan sy lede bied, en die versekering gegee dat SAJWV alles in sy vermoë doen om lede se reg om te jag en wettig vuurwapens te besit, nie net vandag nie, maar ook in die toekoms, te verseker.
Die bestuur van die Olienhout-tak wat bevestig is tydens die takstigting, is Jan Lubbe (voorsitter), Johan Cromhout (ondervoorsitter en verantwoordelik vir senior opleiding), Ilse Swart (sekretaresse), Hendrik Steenkamp (tesourier), Geo Olivier en Cobus Pienaar (skietkoördineerders) en Henk Havenga (kommunikasiebeampte). Die Olienhout-tak sal weer op 24 Januarie 2018 vergader. En as jy gewonder het waar die naam van die tak vandaan kom – die grootste olienhoutbos in Suid-Afrika is net buite Parys. As jy graag by die tak wil aansluit of navrae het oor wat SAJWV is en sy lede kan bied, skakel Jan Lubbe by 082 421 1122.

Van die bestuurslede wat die leisels sal neem van die Olienhout SAJWV-tak in Parys. Links: Só lyk die takembleem vir die SAJWV-tak wat verlede Vrydag amptelik in Parys gestig is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button