NewsNews

Koffie en Kuns kuier soos min in Koepel-prag

As jy keurig gedekte tafels, kuns in verskeidenheid, die ongelooflike aroma van koffie, en die sielsverryking van die prag wat net die Vredefort Koepel jou kan bied saamvoeg, kry jy die wenresep vir lekker kuier met Koffie & Kuns sonder weerga. Dié uitsonderlike geleentheid is verlede week by die Bahri Wedding Venue van Dewaal en …

As jy keurig gedekte tafels, kuns in verskeidenheid, die ongelooflike aroma van koffie, en die sielsverryking van die prag wat net die Vredefort Koepel jou kan bied saamvoeg, kry jy die wenresep vir lekker kuier met Koffie & Kuns sonder weerga.
Dié uitsonderlike geleentheid is verlede week by die Bahri Wedding Venue van Dewaal en Erina Nigrini net buite Parys ervaar. ’n Ongelooflike kyk en smaakervaring soos dié kontrei nog nie beleef het nie!
Verlede Woensdag se saamkuier by Bahri is deur nagenoeg 100 gaste bygewoon, waaronder ook die borge van die spog Leefstyl-program, “Opgetof”, wat kykers vanaf 3 Oktober om 17:30 vasgenael voor die kassie sal hê op die Via DSTV-kanaal 147.
Saam met die aanbieders van “Opgetof”, Eugene en Rinet van Eugene Coetzee & Associates Interior Design & Decor, die borge en genooide gaste, is daar die dag gekuier as ’n viering van die afgelope maande se harde werk wat die “Opgetof” produksiespan by ses gastehuise en gasteoorde in en om Parys gedoen het vir die programreeks wat sal strek oor 14 episodes.
Eugene en Rinet het ook by Bahri die bruidskamer verfraai en behoort dit teen 28 September voltooi te wees.
Van die kunstenaars wie se werke gesien kon word by die fees, het ingesluit Marie Vermeulen Breedt, Walter Meyer, Christ Swift, Frederick Clark, Johan Botha, David Koloane, Impucuko Theater Company, Rantoloko Molokoane, Serah-Ingrid Calitz, Mary Wafer, Alta van Schalkwyk, Robyn Field, Bet Bukow, Nelson Makamo, Bra Tiger en Jaydin Cilliers.
Bahri Wedding Venue is op die R53 tussen Parys en Potchefstroom, en dié unieke Koffie en Kunsfees sal voortaan jaarliks hier aangebied word, gesels Erina.
Erina besit AfricaBlack Coffee Roastery en Barista School in Johannesburg. Sy was ook deel van die World Barista Championship, ’n  internasionale koffie-kompetisie.
Oor “Opgetof”
Die gastehuise en gasteoorde wat gebaat het by die “optof” was Casa Cara Gastehuis, Casa Cara Lodge, Rose Acres, Bahri Wedding Venue, Thabela Thabeng en A la Maison.
Eugene en Rinet is naas aanbieders van “Opgetof”,  self verantwoordelik gewees vir die kunstige en stylvolle veranderinge by die gastehuise wat deel is van die reeks.
Maak seker jy volg die produksiespan tydens die reeks om te sien watter kreatiewe idees hulle gebruik het.  Elke gastehuis se unieke karakter is gebruik om met dit wat daar is, iets nuut en selfs nog meer treffend en tydloos te skep. Hier sal jy wenke kry met blinknuwe mooimaak idees om weer met ’n ander oog na jou huis, hotel of besigheid se interieur te kyk. Daardie iets wat jou bo ander sal laat uitstaan. Onthou 3 Oktober om 17:30.

Op die foto is Erina Nigrini, haar dogter Ceylonia en peetkind Biandri saam met Eugene en Rinet, die aanbieders van die leefstylprogram, “Opgetof”.  Op die inlasfoto is die keurig gedekte tafels omring deur die skoonheid van die Vredefort Koepel tydens verlede week se Koffie en Kunsfees by die Bahri Wedding Venue

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button