NewsNews

Annemarie slaggereed vir VS Matric Achiever deelname

Annemarie Marais is een van net twee leerders in die Fezile Dabi-streek wat gekwalifiseer het om aan die Vrystaatse Matric Achiever kompetisie deel te neem. Twee verteenwoordigers van die onderwys departement het verskeie skole in die Fezile Dabi-streek besoek om die geskikte kandidate te identifiseer. Daar is met kandidate ’n onderhoud gevoer waarin hulle hul …

Annemarie Marais is een van net twee leerders in die Fezile Dabi-streek wat gekwalifiseer het om aan die Vrystaatse Matric Achiever kompetisie deel te neem.
Twee verteenwoordigers van die onderwys departement het verskeie skole in die Fezile Dabi-streek besoek om die geskikte kandidate te identifiseer. Daar is met kandidate ’n onderhoud gevoer waarin hulle hul standpunte moes stel oor verskillende aktuele kwessies in Suid-Afrika. Annemarie moes onder meer kommentaar lewer op die huidige stand van die ekonomie en die parlement.
Kandidate moes ook hul portefeulje vir goedkeuring voorlê.
Die kompetisie behels dat matrikulante op verskillende vlakke moet presteer naamlik akademie, sport, kutuur, leierskap, gemeenskapsbetrokkenheid en entrepreneurskap.
Annemarie sê die kompetisie is belangrik omdat dit jongmense blootstel aan formele onderhoude en die jeug bewus maak van die politiese aspekte van die land en hulle daarby betrek. Boonop gee dit deelnemers geleentheid om te leer hoe om hul eie menings te vorm en te lig.
“Dit is vir my ‘n baie groot eer om gekies te wees as ambassadeur van ons skool en ons streek.”

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button