NewsNews

Wanneer slag jy en hoe kry jy die beste waarde – kom leer by ALFA

Hoe bepaal jy of ’n dier reg is om geslag te word en kry jy die beste waarde in terme van die klassifikasie van die karkas? Dit is maar enkele van die vrae wat beantwoord word tydens hierdie week se ALFA-fees wat van 12 tot 14 September by die AfriDome in Parys gehou word. Die …

Hoe bepaal jy of ’n dier reg is om geslag te word en kry jy die beste waarde in terme van die klassifikasie van die karkas? Dit is maar enkele van die vrae wat beantwoord word tydens hierdie week se ALFA-fees wat van 12 tot 14 September by die AfriDome in Parys gehou word.
Die slagos- en karkasfokus vorm saam met die interras-beoordeling, die People’s Choice Beef Challenge, en die Wagyu- en Wynparing deel van ALFA 2017 rooivleiswaardeketting-fokus.
Daar sal gepoog word om die wenkarkas te identifiseer voordat die slagosse geslag word. Die ideaal is dus dat die wen-slagos se karkas ook die wenkarkas is.
Hierbenewens word ’n kralekompleks deur Taltec opgerig as deel van die buite-uitstallings. Dit is so geposisioneer dat mense wat in die pad staan, op die diere kan afkyk. Twee groepe slagosse van vyf elk word in die krale geplaas. Een van die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging (SAFJA) se beoordelaars bied elke uur ’n kort lesing aan oor die beoordeling van slagosse.
Die publiek kan dan hul nuutgevonde kennis beproef deur die ander groep slagosse, wat duidelik genommer is, van eerste tot vyfde plek te plaas. Hulle doen dit deur ’n pamflet, wat ook hul detail bevat, in te vul. Die persoon wat die naaste aan die beoordelaars se plasing is, word as die wenner aangewys. Die wenner ontvang sy/haar prys van Taltec tydens die ALFA-dinee.
Die beoordelaars wat deel vorm van die span, is Jan de Jong (sameroeper), Malcolm Moodie, Angus Williamson, Phillip Lee, Andrew Adams, Patrick Sekwatlakwatla en Johan Strydom. Die uitstalling is elke dag vir die duur van die fees van 08:00 tot 17:00 oop.
Obaro junior slagos-kompetisie
Een van die ander pilare waarop ALFA 2017 gebou is, is ’n fokus op die landboujeug en die integrasie van die jeug in die kommersiële bedryf. Die Obaro junior slagos-kompetisie is seker die beste voorbeeld hiervan. Verder maak hierdie kompetisie deel uit van die interskole-kompetisie vir landbouskole, wat uiteindelik gaan bepaal wie as die ALFA-landbouskool van ALFA 2017 gekroon gaan word.
Vyf skole het ingeskryf en is deel hiervan. Elkeen het vier diere ingeskryf, wat vandag (Dinsdag 12 September in die Mertech-kralekompleks vertoon word. Die skole is Hoër Landbouskool Merensky, Weston Agricultural College, Hoërskool Wagpos, Hoërskool Reitz en Hoërskool Balfour.
Die beoordeling word vanoggend (Dinsdag 12 September) om 11:00 gedoen deur ’n senior paneel wat deur Malcolm Moodie saamgeroep en gefasiliteer word. Die wen-os word dan aangewys. Dit word gevolg deur ’n lesing om die uitslag aan die deelnemers te verduidelik. Wanneer die uitstalling om 16:00 sluit, word die diere na Sernick se slagplaas in Kroonstad vervoer, waar hulle geslag sal word. Die wen-os word tydens die ALFA-dinee aangekondig en ontvang dan sy/haar prys vanaf Obaro.
Sernick junior karkaskompetisie
Die junior slagosse wat geslag is, word outomaties vir die Sernick junior karkaskompetisie ingeskryf. Die karkasse word deur Hennie Gerber van die South African Meat Industry Company (Samic) beoordeel nadat hulle geslag is.
Die wenkarkas word Donderdagoggend 14 September na die ALFA-terrein teruggebring en in die Fridge King-koelkamer in die Sernick-stalletjie uitgestal. Die karkas word Donderdagmiddag om 12:00 in die Sernick-hoek opgeveil. Die wenner ontvang dan sy/haar prys vanaf Sernick tydens die ALFA-dinee.

Related Articles

Back to top button