NewsNews

Rede vir Sicelo-kind se dood

MEYERTON. – Die gemeenskap van die Vaadriehoek het met skok reageer op die nuus van ‘n kind wat dood is tydens die protesaksie deur inwoners van Sicelo. Hoewel die protesaksie nie direk verband hou met die kind se dood nie, is dit indirek die rede wwarom die kind moontlik nie gered kon word nie. Volgens …

Hoewel die protesaksie nie direk verband hou met die kind se dood nie, is dit indirek die rede wwarom die kind moontlik nie gered kon word nie.

Volgens inligting het die kind se ouers die ambulans ontbied, maar as gevolg van betogers wat die paaie versper kon nooddienspersoneel nie vinnig genoeg die kind bereik nie.

Die kind het glo hoë koors gehad en sy/haar asemhaling was wisselvallig.

Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het vanoggend op hul Facebook-blad hul innige meegevoel teenoor die gesin uitgespreek.

Ons veroordeel die huidige protesaksie aangesien dit gewelddadig is en kriminele meer skade veroorsaak en nou ook die verlies van ‘n onskuldige lewe. Betogers het geen reg om eiendom te beskadig of lede van die gemeenskap te intimideer nie. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Openbare Orde Polisiëring word dringend versoek om op te tree,” lui die persverklaring.

Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het egter begroot om Sicelo op te gradeer, maar kon nog nie voortgaan met die implementering van die verbeteringe nie.

Dit het ook aan die lig gekom dat buitelandse burgers aan die voorpunt is met die protesaksie.

“Hierdie selfverkose gemeenskapsleiers kan nie aanspraak maak om die gemeenskap te verteenwoordig as hul optrede lei tot die verlies van onskuldige lewens, intimidasie en misdaad nie.”

Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit vra die inwoners van Sicelo om saam te staan teen die selfverkose gemeenskapsleiers wat nie wettiglik aangestel is en ook nie die behoeftes van die gemeenskap van Sicelo in ag neem nie.

Related Articles

Back to top button