NewsNews

Grasvelde – ryk in biodiversiteit, oorvloed in ekosisteem dienste

Die Koepel Meteorietpark Bewarea hou hul algemene jaarvergadering hierdie Saterdag 16de September vanaf  09:30 by Thabela Thabeng. Interessante praatjies wat die oggend gehoor kan word, sluit in: Hoe om jou eie kompos te maak met die Yolo komposmaker; Hoe vorder die probleemplantprojek, en Die belangrikheid van die bewaring van ons grasvelde. Laasgenoemde praatjie word aangebied …

Die Koepel Meteorietpark Bewarea hou hul algemene jaarvergadering hierdie Saterdag 16de September vanaf  09:30 by Thabela Thabeng. Interessante praatjies wat die oggend gehoor kan word, sluit in: Hoe om jou eie kompos te maak met die Yolo komposmaker; Hoe vorder die probleemplantprojek, en Die belangrikheid van die bewaring van ons grasvelde. Laasgenoemde praatjie word aangebied deur die Trust vir Bedreigde Natuurlewe.
Kom geniet die oggend. Bywoning is gratis en sluit in gratis middagete in die vorm van ’n wildspot. Skakel Jeanne-Marie Van den Berg by 072 877 6153.

Meer oor die grasvelde van die Vredefort Koepel – deur Mauritz De Bruin van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe:
Die pragtige gebied van die Vredefort Koepel vorm deel van ons land se grasveld bioom en word beskou as bedreigd. Daar is slegs 59.1% oor van die Vredefort Koepel se droë hoëveld graniet grasveld en, is baie belangriker as wat meeste boere besef.
Grasvelde in al hul verskillende variasies is huidiglik een van Suid-Afrika se mees bedreigde biome, met slegs 2.5% onder formele beskerming, en 60% permanent beskadig.
Hierdie grasvelde is krities vir die langtermyn voorsiening van ekosisteem dienste – öf jy nou op ’n  plaas bly óf in die middel van ’n  stad.
Hierdie dienste is die ekonomiese hartland van Suid- Afrika en verskaf die oorgrote meerderheid oppervlak, en veral ondergrondse water wat ons land nodig het, asook om ekonomiese groei te ondersteun.
Behalwe vir al die noodsaaklike dienste wat die grasvelde bied, is dit boonop nog ryk in biodiversiteit. Ons grasvelde huisves 15 van Suid- Afrika se 34 bedreigde soogdiere en 10 van die 14 op die internasionale lys van bedreigde voëlspesies. Al die bedreigde spesies wat in ons grasvelde voorkom is baie sensitief vir enige verandering in die landskap, en dus dien hul aanvanklik as die eerste waarskuwingsteken vir die verkeerde bestuur van ekosisteme, asook die langtermyn voorsiening van varswater vir boere.
Dit is bevind dat sodra die grasveldspesies verdwyn, die water sisteme en grondminerale kort daarna ook belemmer sal word.
Die primêre bedreigings vir grasvelde is grootskaalse landbou aktiwiteite (die onvolhoubare ploeg van gebiede), prospektering, mynbou, en stadsuitbreiding. Huidiglik word daar gespook om meer grasveld gebiede onder formele bewaring te kry voordat daar nog verdere skade gedoen kan word, en om die boer en omgewing the beskerm. Dus – hoe meer ons gebiede soos die Vredefort Koepel bewaar, hoe meer voordele trek ons daar uit.

Die bedreigde en endemiese ouvolk en vaal lewerik wat net in Suid-Afrika se grasvelde voorkom. Hierdie spesies wat verdwyn het uit sekere dele, was akurate waarskuwingstekens vir probleme by watersisteme.

Related Articles

Back to top button