NewsNews

Wilgerivier en Vaaldam deur riool besoedel

VF Plus dring aan op nasionale ingryping Vaalweekblad-argieffoto – Maart 2017   Kabeldiefstal by die Frankfortrioolaanleg het veroorsaak dat nog meer rou riool as gewoonlik nou vrylik in die Wilgerivier en daarna in die Vaaldam, waarvan miljoene mense afhanklik is vir watervoorsiening, inloop, sê Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse Wetgewer. Die Vaaldam voorsien …

Vaalweekblad-argieffoto – Maart 2017

 

Kabeldiefstal by die Frankfortrioolaanleg het veroorsaak dat nog meer rou riool as gewoonlik nou vrylik in die Wilgerivier en daarna in die Vaaldam, waarvan miljoene mense afhanklik is vir watervoorsiening, inloop, sê Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse Wetgewer.
Die Vaaldam voorsien onder andere aan Rand Water, wat op sy beurt bykans die hele Gauteng en dele van die Vrystaat, soos Sasolburg, van water voorsien.
“Die besoedeling van die Wilgerivier is ‘n reuse-probleem. Die water word in die Vaaldam opgegaar, wat beteken dat die ganse waterbron wat deur miljoene mense, soos groot gedeeltes van Gauteng, Sasolburg, Deneysvillle, Oranjeville en ander gebruik word, met rou riool besoedel word. Dit druis lynreg in teen elke lid van die gemeenskap se grondwetlike reg op ‘n omgewing wat nie skadelik is vir sy gesondheid of welstand nie. Dit oortree ook verskeie ander wette, soos onder andere die Nasionale Waterwet. Hierdie probleem is ‘n jarelange krisis wat stelselmatig deur die ANC-regeerde munisipaliteit vererger is weens ‘n gebrek aan behoorlike bestuur en instandhouding.”
“Die VF Plus sal die nasionale minister van waterwese, sowel as die departement van samewerkende regering van die probleem in kennis stel en daadwerklike optrede vereis. Ons sal ook ‘n strafregtelike klag vir die oortreding van omgewingswetgewing teen die munisipale administrateur aanhangig maak,” sê Wessels.

Related Articles

Back to top button