NewsNews

Skenk bloed hierdie lente

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 12 September by die Hervormde Kerksaal vanaf 13:00 tot19:00. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel. Daar wag ’n  lente verrassing vir elke bloedskenker. September is tradisioneel ʼn moeilike tyd vir die SANBD …

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 12 September by die Hervormde Kerksaal vanaf 13:00 tot19:00. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel. Daar wag ’n  lente verrassing vir elke bloedskenker.
September is tradisioneel ʼn moeilike tyd vir die SANBD weens die rekord-eksamens. Daar is dikwels nie genoeg bloedskenkklinieke by maatskappye om die gapings van die afwesigheid van bloedskenkklinieke by skole en tersiêre instellings te vul nie.
Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.
Om ʼn bloedskenker te word moet jy:
•Tussen die ouderdom van 16-65 wees
•Meer as 50kg weeg
•Iets voor jou skenking eet
•ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
•Gesond wees op die dag van skenking
Alle bloedgroepe is baie belangrik vir ons, maar ons het spesifiek Groep O negatief nodig omdat hierdie bloedgroep verenigbaar is met al die ander bloedgroepe en is dus baie spesiaal vir ons, en diegene wat ‘n dringende behoefte aan bloed het, sê die Bloediens.
Help om ʼn bloedtekort te voorkom deur bloedskenking te ondersteun.

Related Articles

Back to top button